Wat se mense agter jou rug? - Handelinge 6

Wat sê mense agter jou rug? - 'n kort oordenking deur johannes vd merwe - ng kerk alkmaar Wat sê mense hulle oor jou geloof? Nie wat hulle vir jou sê nie — maar wat hulle werklik dink? Stefanus was nie 'n apostel of 'n prediker nie. Hy het net kos uitgedeel aan weduwees. Maar sy reputasie was reeds geskryf nog voordat enige krisis hom getoets het: vol geloof, wysheid en die Heilige Gees. Karakter word nie ín die krisis gevorm nie — dit word ín die krisis geopenbaar. In hierdie oordenking kyk ons na die "geheim" agter Stefanus se lewe — en wat God ook van jou en my vra in die gewone, alledaagse plekke waar Hy ons geplaas het. ✅ Karakter voor die krisis — jou stille getuienis 🙌 Diensgetrouheid as die fondament van geloof 🔥 God gebruik jou buite jou "taakomskrywing" 📌 Beskikbaarheid bo bekwaamheid ⚠️ Wanneer nié doen nie, sonde word (Jakobus 4:17) 📖 Skrifverwysings: Handelinge 6:3, 5 | 1 Petrus 4:10 | Jakobus 4:17 💬 Vraag vir jou: Watter "klein" plek in jou lewe is God besig om voor te berei as jou volgende geleentheid? 👇 Teken gerus in NG Kerk Alkmaar (Mpumalanga) weeklikse preek en kort oordenkings (elke weeksdag). www.alkmaar.co.za Dutch Reformed Church Christian Biblical short devotionals and longer messages. #Jesus #Christus #Bybel #oordenking #christen #alkmaargemeente #Liefde #Genade #Geloof #Afrikaans #NuweTestament #nuweverbond #johannesvandermerwe