God breek elke grens - Handelinge 8-9

God breek elke grens - 'n boodskap deur johannes vd merwe - ng kerk alkmaar Teks: Handelinge 8–9 Vier mense. Vier onwaarskynlike paaie. Een Regisseur, een Leidsman. In hierdie boodskap (uit die reeks Hoogtepunte uit Handelinge) kyk ons na Filippus, die Etiopiër, Ananias en Saulus — vier karakters wat God gebruik om elke denkbare grens af te breek: geografies, kultureel, sosiaal en persoonlik. Niemand van hulle het dit sien kom nie, en tog word elkeen 'n instrument in God se hand. Ankervers: Handelinge 9:15 — "Ek het hom uitgekies as my instrument om my Naam uit te dra..." Ons vra vandag die ongemaklike vraag: het jy net jou plek in die geloof ingeneem, of gaan jy dit ook volstaan — aktief, gehoorsaam, in volle oorgawe aan die Gees? ----------------------------------------------------------------------- Chapters / hoofstukke: ----------------------------------------------------------------------- 00:22 - Begin en Skrifaankondiging 00:48 - Gebed 02:04 - Lees Handelinge 8-9 (sekere gedeeltes) 2020-V 12:02 - Ankervers Hd 9:15 12:40 - Inleiding 16:50 - 1. Die Gehoorsame Diaken: Filippus op die pad na nêrens 17:58 - 2. Die Soekende Vreemdeling: Die Etiopiër op die pad huis toe 22:30 - 3. Die Bang Broer: Ananias op die pad na gevaar 25:56 - 4. Die Vervolgde Vyand: Saulus op die pad na Damaskus 31:16 - Gebed ----------------------------------------------------------------------- 🎙️ Deel van die reeks: Hoogtepunte uit Handelinge 📖 Skriflesing: Handelinge 8:1–8, 26–40; 9:1–25 ⛪ www.alkmaar.co.za NG Kerk Alkmaar (Mpumalanga) - kry hier die week se preek en kort oordenkings (elke weeksdag). Dutch Reformed Church Christian Biblical short devotionals and longer messages. #Jesus #Christus #Bybel #oordenking #christen #alkmaargemeente #Liefde #Genade #Geloof #Afrikaans #NuweTestament #nuweverbond #johannesvandermerwe