DIE VOORDELE VAN ‘N GEESTELIKE FOKUS - 26 JANUARIE 2025
DATUM: 26 JANUARIE 2025 (OGGEND) PREDIKER: ANDRIES ENSLIN TEMA: DIE VOORDELE VAN ‘N GEESTELIKE FOKUS REEKS: FISIESE VOORDELE - NOU VIR ‘N GEESTELIKE FOKUS SKRIF: 1 TIMOTEUS 4:7-10 IS DAAR VOORDELE OM MET ‘N GEESTELIKE FOKUS TE LEWE? 1 Timoteus 4:7-10 (NLV) Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid. Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende. Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word. Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo. KYK NA PAULUS SE “BELOFTE VAN BELONING” Ware wysheid Ware krag Ware liefde Ware lewe WARE KRAG Handelinge 16:25-28 (NLV) Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom! Die tronkbewaarder het wakker geword en die tronkdeure wawyd oop sien staan. Hy het aanvaar die gevangenes het ontsnap, en sy swaard uitgetrek om homself dood te maak. Maar Paulus het met ’n harde stem geskreeu: “Moenie jouself iets aandoen nie! Ons is nog almal hier!” Handelinge 9:40 (NLV) Petrus het almal egter uitgestuur, en toe het hy gekniel en gebid. Hy het na die liggaam toe gedraai en gesê: “Tabita, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak! Toe sy Petrus sien, het sy regop gesit. WARE LIEFDE Handelinge 10:1-2 (NLV) In Sesarea was daar ’n Romeinse weermagoffisier met die naam Kornelius, ’n offisier oor honderd man van die Italiaanse Regiment. Hy het toegewy aan die God van Israel geleef en het ontsag vir Hom gehad, hy en sy hele huishouding. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid. WARE LEWE Handelinge 14:19-20 (NLV) Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus gestenig en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is. Toe gelowiges ’n kring rondom hom begin vorm, het hy opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek. Handelinge 20:9-12 (AFR20) 'n Jong man met die naam Eutigus het in die venster gesit, en terwyl Paulus lank bly praat het, is hy deur 'n diep slaap oorval. Oorweldig deur die slaap, het hy van die derde verdieping na onder geval, waar hy dood opgetel is. Paulus het ondertoe gegaan, op hom gaan lê, hom in sy arms geneem en gesê: “Moet julle nie ontstel nie, want daar is nog lewe in hom!” Hy het weer boontoe gegaan, brood gebreek en geëet. Daarna het hy nog vir 'n geruime tyd, tot dagbreek toe, met hulle gepraat en toe vertrek. Hulle het die seun lewend huis toe geneem en was uitermate bemoedig.

BID DIE REGTE EENLYNERS - 31 MEI 2026

GESEËND – TOG VOEL DIT OF EK WEGSINK - 21 APRIL 2024

HOE GROEI JOU GELOOF VAN “DALK” NA “GOD SAL” - 6 OKTOBER 2024

JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE 2025

Die Salwing Breek Die Juk | Pastoor Jacques Pienaar

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

KSM Erediens | 14 Aug. I Winde van verandering I Wanneer die seisoen verander

KSM Erediens | 11 Feb. | Hoe nou gemaak ....versoeking? (Johan Smith)

Best Christian Worship Songs 2026 ✝️ Nonstop Christian Praise & Worship Music | Feel God's Presence

Die wêreld se kleinste en tog grootste moeilikheidmaker (Jak 3:1-12)

LEEF DIE GEESTELIKE LEWE IN DIE PRAKTYK - 9 MAART 2025

JESUS SÊ: “BEKEER JOU” - Andries Enslin, 10 Februarie 2019

GEE HOM AL TWAALF MAANDE - Andries Enslin, 20 Januarie 2019

WAAG DIT OM GOD TE TOETS - 22 FEBRUARIE 2026

Tienerma se WAARSKUWING vir almal

Moeg geval, ek staan in Jesus Naam!

KSM Erediens | 18 Mei. | Maar julle I Moet kyk soos Jesus (Stephan Joubert)

HOE LYK DIE AANGESKAKELDE KRAG? - 16 MAART 2025

31 Mei 2026 | Stephan Joubert | Met Vrede
![Bekommernis is lewensgevaarlik [24 Aug 2025]](https://i.ytimg.com/vi/RmrFIKpSpL0/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLDqYElw2rvyKpemur2AQ5FodLxuQw)
