JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE 2025
DATUM: 20 JULIE 2025 (OGGEND) PREDIKER: PROF. STEPHAN JOUBERT TEMA: JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE TEKS: JOHANNES 1:1-5, 14-18 (NNT) 1. JESUS, DIE WOORD, IS BY GOD EN GOD SELF Johannes 1:1-5 (NNT) :1 In die begin was die Woord daar. Die Woord was by God en die Woord was God. :2 Toe alles begin het, was Hy by God. :3 Deur Hom is alles geskep. Sonder Hom is niks geskape wat bestaan nie. :4 Hy het ook lewe gebring en die lewe was die lig van die mense. :5 Hierdie lig het in die duisternis geskyn, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Jesus deel die volgende eienskappe met God: • Ewig in wese • Ewig in spasie • Ewig in relasie • Ewig in naam en titel 2. JESUS KOM WYS GOD SE HEERLIKHEID TUSSEN ONS Johannes 1:14 (NNT) Die Woord het ‘n fisiese mens geword en tussen ons kom woon. Ons kon sien hoe groot en belangrik Hy is. As unieke Seun wat van die Vader af kom, is Hy groot en belangrik, vol genade en goddelike egtheid. a. Die Woord word mens. Johannes sê nie dat die Woord in ‘n vleeslike gestalte tussen ons kom woon het nie, maar dat die Woord vlees/mens geword het. Deur hierdie keuse was Jesus as die Woord nou onlosmaaklik gekoppel aan sy menslike bestaanswyse en aan die geskiedenis van hierdie wêreld. b. Die Woord slaan tent op tussen ons. In vers 14 gebruik Johannes ’n term wat vertaal word met “tent opslaan.” Dit herinner ons aan Eksodus 25:8-9 waar Israel die opdrag kry om ‘n tabernakel op te rig sodat God in die midde van sy mense kan woon. God is egter nou in lewende lywe tussen ons wanneer Jesus tussen ons kom woon en werk. c. Die Woord besit heerlikheid (“doksa”) Die verwysing na Jesus se doksa in vers 14 herinner ons aan die Ou-Testamentiese konsep “kavod” of heerlikheid as beskrywing van God se teenwoordigheid. Netsoos wat God se heerlikheid neergedaal het oor die tabernakel (Eksodus 40:34) en die tempel (1 Konings 8:10-11) nadat hulle aan die Here gewy is, net so daal God se heerlikheid neer met Jesus se koms aarde toe. 3. JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE Johannes 1:16-18 (NNT) :16 Uit sy oorvloed het Hy ons almal toegegooi onder sy genade. :17 Moses het wel vir ons die wet gegee, maar Jesus het vir ons genade en die egte waarheid gegee. :18 Niemand het God nog ooit gesien nie. Die unieke Seun, ook God, wat in ‘n baie hegte verhouding met die Vader staan, het die Vader aan ons kom bekend maak. Jesus gooi ons toe onder God se genade. Hy weerkaats God se goedheid. Dit herinner ons aan die genade van God op Sinai wanneer Moses die wet ontvang (Eksodus 34:6). In Jesus se optrede en genadige optrede word die lewende God se goedheid nog meer as ooit sigbaar. Moses kon slegs die wet gee, maar Jesus bring hemelse genade en egte waarheid. Nou leef ons uit God se oorvloed. Ons wag nie op nog spesiale hemelse seëninge nie, ons leef as geseëndes in die oorvloedige genade van ons Here Jesus wat Hy oor ons uitstort.

HET JY GEWEET JY DRA DIE EWIGE MERK VAN GOD? - 14 SEPTEMBER 2025

JESUS SE GOEIE NUUS IS AANSTEEKLIK, EK OOK! - 31 AUGUSTUS 2025

Geld, mag & seks - Deel 1 - Past. Renaldo Barnard

JESUS VERANDER MY WEEGSKAAL VIR ALTYD - 10 NOVEMBER 2024

ONDER WIE SE HAND LEEF JY? - 19 JULIE 2026

WAAG DIT OM GOD TE TOETS - 22 FEBRUARIE 2026

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025
![Oppas, God ken jou hart [12 Maart 2023]](https://i.ytimg.com/vi/58nqIe6XU-I/hq720.jpg?sqp=-oaymwEbCNAFEJQDSFryq4qpAw0IARUAAIhCGAG4AvcY&rs=AOn4CLD64Zivj-w1spEg-Z-nA4XHgIqigA&usqp=CCc)
Oppas, God ken jou hart [12 Maart 2023]

KSM Erediens I 17 Aug. I Ek glo... I Daarom wil ek my nie so bekommer nie (Johan Smith)

JESUS LOOP JOU OË OOP - 9 JUNIE 2024

VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE - 23 MAART 2025

DAAR IS DIE LAM VAN GOD ... HY IS HIER OOK! - 17 AUGUSTUS 2025

LAAT U WIL GESKIED HIER OP AARDE, NET SOOS IN DIE HEMEL - 16 FEBRUARIE 2025

🎵 2 UUR AFRIKAANSE GOSPEL MIX van KRAG & OORWINNING 🔥 Christian Worship 🎵

GESEËND – TOG VOEL DIT OF EK WEGSINK - 21 APRIL 2024

22 JUNIE 2025 - JESUS VERANDER DIE REGTE LEWE; EN EK VOLG IN SY VOETSPORE

Sny tot die lewe, sny tot die dood Openbaring 2 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
![God stap saam op die hardepad: Op reis saam met Jeremia. Deel 2 [17 Aug 2022]](https://i.ytimg.com/vi/fVoB7edF_hI/hq720.jpg?sqp=-oaymwEbCNAFEJQDSFryq4qpAw0IARUAAIhCGAG4AvcY&rs=AOn4CLDHQOPkl_3GSCdj1nZJYlttKyBttg&usqp=CCc)
God stap saam op die hardepad: Op reis saam met Jeremia. Deel 2 [17 Aug 2022]

Daru de Wet - Woord wat werk
![Bekommernis is lewensgevaarlik [24 Aug 2025]](https://i.ytimg.com/vi/RmrFIKpSpL0/hq720.jpg?sqp=-oaymwEbCNAFEJQDSFryq4qpAw0IARUAAIhCGAG4AvcY&rs=AOn4CLBm3Tu9DSIoZfEffDKC7eSeZHWr6Q&usqp=CCc)
