Tienerma se WAARSKUWING vir almal

In 2019 het Junandi Meyer ’n brief aan die tydskrif Baba & Kleuter geskryf. Sy was net 15 jaar oud… en swanger. “Ek is dalk jonger as die ander ma’s,” het sy geskryf, “maar my opgewondenheid is net so groot soos hulle s’n. Ek verdien ook om ’n ma te wees, ten spyte van my fout.” Sewe jaar later het Daniëlla vir Junandi opgespoor om uit te vind wat ná daardie lewensveranderende oomblik gebeur het. Hierdie is haar storie.