JESUS VERANDER MY WEEGSKAAL VIR ALTYD - 10 NOVEMBER 2024
A. GOD SKRYF TEEN DIE MUUR Daniël 5:22-27 (AFR83) “Maar u, Belsasar wat hom opgevolg het, u het u nie verootmoedig nie, alhoewel u dit alles weet. U het verwaand opgetree teenoor die Here in die hemel: die bekers uit sy tempel is na u toe gebring en u en u hoofamptenare, u vrouens en u byvrouens het daaruit wyn gedrink. U het die gode van silwer en goud, en van brons, yster, hout en klip geprys, gode wat nie kan sien nie en nie kan hoor nie en niks weet nie. U het nie die God geëer van wie u die lewensasem ontvang en wat oor u lewe beskik nie. Daarom is die hand deur Hom gestuur en is hierdie woorde geskrywe. Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ En dit is die betekenis van die woorde: ‘Getel’: God het die jare van u koningskap getel en 'n einde daaraan gemaak. ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind.” Daniël en Belsasar: Die hand van God skryf teen die muur. Belsasar se nommer is op. Hy is geweeg. Hy is te lig bevind vir God se weegskaal. B. DIE KRISIS: ONSSELF IS OOK TE LIG WANNEER ONS SELF IN GOD SE SKAAL KLIM C. GOEIE NUUS: JESUS SIT SY GEWIG BY Johannes 3:3-10, 16 (AFR83) Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?” En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?” :16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Wanneer ons van bo af gebore word, en wanneer die Gees ons aanraak, word ons deel van God se familie. D. JESUS SE GEWIG VERANDER DIE SKAAL HIER EN NOU, EN VIR EWIG Johannes 5:24-29 (AFR83) “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. Ek verseker julle: Daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê. Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.” Jesus is lewe. Om in Hom te glo, is om deel te hê aan sy lewe. Hierdie nuwe lewe van Jesus is ewigdurend. Hier en nou het ons ewige lewe. Eendag, wanneer die dooies opgewek word, het ons steeds nog ewige lewe. Jesus verander die weegskaal nou en vir altyd.

JESUS SE GOEIE NUUS IS AANSTEEKLIK, EK OOK! - 31 AUGUSTUS 2025

SORG DAT JY KWALIFISEER OP GOD SE TERREIN - 29 SEPTEMBER 2024

LEER KEN GOD SE WIL … IN TIEN WOORDE! - 15 SEPTEMBER 2024

LAAT U WIL GESKIED HIER OP AARDE, NET SOOS IN DIE HEMEL - 16 FEBRUARIE 2025

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

HET JY GEWEET JY DRA DIE EWIGE MERK VAN GOD? - 14 SEPTEMBER 2025

JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE 2025

VUL JOU TENK MET JESUS SE VREUGDEVOLLE WOORDE - 23 MAART 2025

DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE

JESUS LOOP JOU OË OOP - 9 JUNIE 2024
!['n Lewe wat hemel en aarde tot stilstand bring [9 Mei 2021]](https://i.ytimg.com/vi/HQJviLhybDE/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLAxz4k0SMxghvL4Ouraib-o9HYTOA)
'n Lewe wat hemel en aarde tot stilstand bring [9 Mei 2021]
![God stap saam op die hardepad: Op reis saam met Jeremia. Deel 2 [17 Aug 2022]](https://i.ytimg.com/vi/fVoB7edF_hI/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLD2HqWAhrCEhylgphujbxryzsIFBw)
God stap saam op die hardepad: Op reis saam met Jeremia. Deel 2 [17 Aug 2022]

WANNEER GOD HOM NIE STEUR AAN JOU EIE VERVALDATUM NIE - 23 JUNIE 2024
![So laat jy jou lewe tel voordat die klok 12 uur slaan [12 Sept 2021]](https://i.ytimg.com/vi/bKn0ZoaddOw/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLAX3lGTYvU_lMgXj1WwBi5FJlzBpQ)
So laat jy jou lewe tel voordat die klok 12 uur slaan [12 Sept 2021]

KSM Erediens I 16 Nov. I Ek is een-genoeg vir God (Stephan Joubert)

Bly in My (Joh 15:1-5) | Vita Dei 777

22 JUNIE 2025 - JESUS VERANDER DIE REGTE LEWE; EN EK VOLG IN SY VOETSPORE

RITME Digitaal | Die oorlog tussen jou ore | Johan Smith

DAAR IS DIE LAM VAN GOD ... HY IS HIER OOK! - 17 AUGUSTUS 2025
![Kan (God) mense verander? [7 Aug 2022]](https://i.ytimg.com/vi/P9SeSRPldk8/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLByKzZ_7MRsaGNcPb9J8-HPsmwsag)
