Apologetiek: Wat is Apologetiek?

Aanbieders: Jonker Venter en Jaco de Beer Wat is apologetiek en waar pas dit in my geloofslewe in? Moet ek die waarhede van die Woord van God, of my geloof in die waarheid van God in die publiek en algemene samelewing verdedig? Wat is die doel van apologetiese getuienis of redenasies met ongelowiges of soekendes? Is ek gereed om 'n verdediging aan te bied om die leuens oor God teen te staan in my naaste se hart? 1 Petrus 3:15 leer vir ons "Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.." 00:00 Inleiding tot apologetiek reeks 05:00 Waar kom ons apologetiek in die samelewing teë? 09:00 Wat is apologetiek? 10:00 Apologetiek as vakgebied binne teologie 14:44 Wat is apologetiek NIE? 17:00 Noodsaak van apologetiek in elke gelowige se lewe 23:00 Liefdesroeping 28:00 Almal is 'n apologeet 29:10 Wêreldbeskouing en voorveronderstellings 34:26 Praktyk en doel Skrifverwysings: 1 Pet 3:15, 1 Tim 3:15, 2 Tim 3:16-17, 2 Tim 4:2, 1 Kor 9:3, 1 Kor 1–2, 2 Kor 10:2-5, 1 Kor 15:3–7, Jak 3, 2 Kor 13:18 Boek voorstelle: The myth of religious neutrality - Roy A Clouser: https://www.amazon.com/Myth-Religious... Christian Apologetics - Alister E McGrath: https://www.amazon.com/Christian-Apol... Teken in op ons YouTube kanaal —    / scriptura   Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook —   / scripturaweb   Epos ons, of stuur jou vrae na — [email protected] Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."