Jou Mense My Mense: Georgine Botha

Georgine Botha (47), beter bekend as Gina, is vir meer as 15 jaar betrokke by die Pretoria Boeremark. Sy staan tans as hoof van die 25 karwagte by die Pretoria Boeremark en haar verantwoordelikhede sluit in al die logistieke en sekuriteit – van oggend- tot aanmarkte. Gina woon tans saam met haar Ma, Maria van Wyk (65) en haar geliefkoosde hond, Apache, ook bekend aan Boeremark-bywoners as “Patches”, wat vir ongeveer nege jaar saam met haar ‘n karwag was totdat sy afgetree het. Gina het ’n inisiatief begin waarin elke wag weekliks R20 aan haar gee. Wanneer iemand verjaar ontvang hulle R400. Aan die einde van jaar word die balans van hul weeklikse R20’e aan elkeen terugbetaal vir ’n welverdiende Desember-bonus! Op 21 Desember 2025 om 4vm, was Gina op pad met die onderskeie koevertjies toe iemand verbykom en haar sak gryp. Die totale bedrag wat sy op pad was om uit te deel was R13 800! Gina het ten volle verantwoordelikheid hiervoor aanvaar, en is nou besig om almal – soos wat sy kan – terug te betaal. Sy verkoop self ‘bird feeders’ by die Boeremark om ’n ekstra inkomste te verdien sodat al die wagte kan kry wat hulle toekom. Sy het reeds bietjie meer as R5 000 terugbesorg, maar skuld nog meer as R8 000. Rakende haar verantwoordelikheid en betrokkenheid by die Pretoria Boeremark, sê Gina dis vir haar die lekkerste om met die mense te werk. “Hulle is almal regtig soos een groot familie!” Gina het by GROOTfm 90.5 kom kuier… #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm