Jou Mense My Mense: Bianca van Staden

Bianca van Staden het ‘n hulpkreet gerig aan GROOTfm 90.5. Sy werk tans voltyds as ’n Gr R-Juffrou, terwyl sy aanlyn Onderwys studeer. Haar droom, nog altyd, was om ’n onderwyser te word en sy gee elke dag haar ALLES! Sedert haar Pa in 2019 oorlede is, sorg sy vir haarself. Sy sê haar wêreld het op hierdie dag stil geword, en dat dit vir haar tans ’n uitdaging is om te sorg vir kos en ’n dak bo haar kop, terwyl sy haar drome styf vashou. Sy het tot dusver haar studiegeld self betaal – deur spaargeld, opofferings en harde werk. Maar nou raak dit alles net te veel. En, staar sy elke dag die vrees om haar droom op te gee in die gesig. Sy wil so graag die liefdevolle en toegewyde onderwyser wees wat ‘n kind se toekoms kan verander. Bianca het by GROOTfm 90.5 kom kuier… #gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm