Verkondig Hannes Redelinghuys 'n Vals Evangelie?

Verkondig Hannes Redelinghuys die ware evangelie, of 'n ander evangelie? In hierdie video ondersoek ons Hannes Redelinghuys se leer in die lig van die Skrif. Ons kyk na sy sienings oor die Sacred Name Movement, die bewering dat jy God slegs met 'n spesifieke Hebreeuse naam mag aanbid, en of hierdie leringe werklik Bybels is. Ons behandel ook die bewering dat die doop 'n voorvereiste vir redding is en vergelyk dit met wat die Bybel leer oor redding uit genade alleen deur geloof alleen in Jesus Christus. 📖 Onderwerpe wat behandel word: Is die Sacred Name Movement Bybels? Is die gebruik van "Jesus" verkeerd? Is waterdoop noodsaaklik vir redding? Wat leer die Bybel werklik oor die evangelie? Toets elke leer aan die Woord van God (Hand. 17:11). "Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig in stryd met die een wat ons aan julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees." — Galasiërs 1:8 👍 As hierdie video vir jou waardevol was, ondersteun gerus die kanaal deur te Like, Subscribe en die video te deel. #DeurDieWoord #HannesRedelinghuys #SacredNameMovement #ValsEvangelie #Doop #Evangelie #SolaFide #JesusChristus #Bybelstudie #Afrikaans