Die Donker Kant van AI en Chatbots!

Kinders en tieners spandeer al hoe meer tyd met AI (Kunsmatige Intelligensie) apps wat met hulle terug praat – van "huiswerk helpers" tot chatbots wat soos “vriende” kan voel. Hierdie skuif van sosiale media na persoonlike interaksie met 'n AI bied geleenthede, maar ook nuwe risiko’s: kinders kan maklik persoonlike inligting deel, grense kan vervaag en AI kan selfs onvanpaste of skadelike advies gee. In hierdie episode gesels Daniëlla met digitale ouerskap- en kuberveiligheidskenner Rianette Leibowitz van Cyber Wellness with Rianette oor hoe hierdie tegnologie werk en wat ouers móét weet. Ons praat oor hoe om kinders te help om hierdie nuwe digitale wêreld te navigeer – want as jy nie verstaan wat aanlyn gebeur nie, kan jy hulle nie beskerm nie.