Waarom Jou Sekslewe Nooit Weer Dieselfde is Ná Kinders Nie

Jou sekslewe verander ná kinders – en dit is heeltemal normaal! 💕 In hierdie episode gesels Daniëlla van Heerden met kenner Karen Bester van Lamelle oor hoe hormone, ouerskap en selfs perimenopouse intimiteit en libido kan beïnvloed. September is Bewusmakingsmaand vir Seksuele Gesondheid, en dit is ’n eerlike, opvoedkundige en ondersteunende gesprek wat elke ma (en pa!) moet hoor. TIMECODES 00:00 – Seksuele Gesondheid: Ontmoet Karen Bester 01:30 – Die Belangrikheid van Seksualiteit in Verhoudings 03:25 – Hoe Verander ouerskap 'n vrou se seksualiteit? 06:50 – Mans se Seksualiteit ná Ouerskap 08:20 – Die Rol van Medikasie en Terapie 12:35 – Leefstyl, Oefening en Seksuele Gesondheid 14:10 – Ma-wees vs Passie 16:47 – Perimenopouse en Seksualiteit 19:57 – Die Fases van Menopouse 22:55 – Identiteit en Seksualiteit in die Midde van Verandering 27:25 – Hoe Praat ons met ons kinders oor Seksualiteit? 29:25 – Wees Gemaklik met jou eie Seksualiteit