Hoekom is mense so sleg? - Dr. Griffel van Wyk - Sondag 10 Mei 2026

Skrifgedeeltes: Genesis 1:27,28; 2:15-17; 3:1-21 & Romeine 5:16-19 Spring na Skrifgedeelte en preek - 15:49 Oorsig: Daar is ‘n vraag wat baie mense laat twyfel in hulle geloof en in God. As God so goed is, hoekom gebeur slegte dinge in die lewe? Hoekom steek jou beste vriend jou in die rug? Hoekom steel hulle jou goed waarvoor jy so hard gewerk het? Hierdie vrae word sommer baie vroeg in die Bybel baie duidelik geantwoord. En die skuld lê nie by God nie. Dit lê by Adam en Eva, en by my en by jou. Ons is die probleem. Maar dit maak nog vrae wakker! Hoekom kry ons dan swaar weens Adam en Eva se sonde? En waar pas God se genade in by hierdie hopelose situasie? Ons ontvou saam die antwoorde en bewonder saam God se genade in hierdie toestand van menswees.