Die Ewigheid Tegemoet | Om ’n Hegter Verhouding Met God Te Hê | Die Woord in Diepte Ep 13

Die Woord in Diepte met Regardt en Ayleen Stander In Episode 13 van Die Woord in Diepte sluit ons die kwartaal af met die groot hoop van die Christen: die wederkoms van Christus en die ewigheid saam met God. Hierdie gesprek kyk na die belofte dat ons Christus sal sien soos Hy is, maar ook na die waarskuwings wat Jesus self gegee het oor misleiding, vervolging en die noodsaaklikheid om tot die einde toe te volhard. Die ewigheid is nie net ’n mooi idee nie — dit is die eindpunt van ’n lewende verhouding met God. In hierdie episode bespreek ons: Waarom die wederkoms sigbaar, hoorbaar en werklik sal wees Hoe misleiding in die eindtyd werk Waarom God se karakter sentraal staan in die groot stryd Wat dit beteken om soos ’n bruid gereed te wees Die les van die tien maagde en die olie Waarom ons gedagtes op die dinge daarbo gerig moet wees Die troos van ’n nuwe hemel en nuwe aarde Hoe God ons nou voorberei vir die ewigheid Die vraag is nie net of ons glo Jesus kom weer nie. Die vraag is: leef ons vandag as mense wat Hom werklik verwag? Teken in vir meer Bybelstudies uit Die Woord in Diepte. — YouTube Chapters 00:00 Intro 01:20 Sleutelteks: Ons sal Hom sien soos Hy is 03:45 Die hoop van ’n nuwe liggaam en herstel 05:00 Tekens, vervolging en volharding 09:40 Pasop vir misleiding 14:55 Hoe Jesus se wederkoms beskryf word 18:20 Elke oog sal Hom sien 20:10 Die groot misleiding oor God se karakter 24:45 Die bruid en die nuwe Jerusalem 29:30 Voorbereiding vir die bruilof van die Lam 31:00 Die tien maagde en die olie 35:00 Jesus berei vir ons plek voor 38:30 Die Lam volg waar Hy gaan 40:00 Rig jou gedagtes op die dinge daarbo 44:30 God vee elke traan af 49:40 Jesus se uitnodiging: Kom na My toe 52:00 Koop sonder geld: goud, wit klere en salf 55:00 Voorbereiding vir die hemel 57:30 Die gevaar van ’n valse tweede kans 1:00:00 Die kwartaal se kern: ’n hegte verhouding met God 1:01:30 Amen, ja kom Here Jesus As u hierdie uitsending van die Woord in Diepte geniet het deel dit met iemand of los kommentaar om ons te laat weet.