BOER SOEK ‘N VROU - 28 JANUARIE 2024

Boer soek 'n vrou ... JOU VOLGENDE TREE  Van Verlore na geVind – 101  Van geVind na Vry – 201  Van Vry na Volgeling – 301  Van Volgeling na Vriend wat Vrugdra – 401 BOER SOEK ‘N VROU, OF NET DIE TREKKER Lukas 15:17-24 (NLV) “Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan! Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’ Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’ Maar sy pa sê vir die bediendes: ‘Gou, bring die mooiste mantel in die huis en trek dit vir hom aan. Kry ’n ring vir sy vinger en sandale vir sy voete. En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier, want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.’ Toe het hulle begin feesvier.” • Hoekom soek jy Jesus? • Wat is jou motief? Dit is ok! JOU MOTIEF MOET GROEI Jou liefde moet groei, jou verhouding moet groei. Drie keer vra Jesus vir Petrus oor sy liefde en motief, Joh. 21:15-18 Hoe? Leer ken die hart van God. KYK DIE REAKSIE VAN DIE VADER  Gee die vetgemaakte kalf – 101  Gee die ring – 201  Gee die mooiste mantel – 301  Gee die sandale – 401 WAT IS JOU VOLGENDE TREE?