DIE 7DE HAND IS DIE GEHEIM - 14 JUNIE 2026

DATUM: 14 JUNIE 2026 (OGGEND) PREDIKER: ANDRIES ENSLIN TEMA: DIE 7DE HAND IS DIE GEHEIM REEKS: HOE BOU JY ‘N ALTAAR? JESAJA 41:10-20 DIE 7DE HAND IS GOD SE HAND Esegiël 43:13 (CAB23) En dit is die afmetings van die altaar volgens die el: 'n el is 'n el en 'n handbreedte; DIE HAND VAN DIE HERE BRING DIE WONDERWERK Jesaja 41:10-11 (ABA) Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand. Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. Jesaja 41:13-14 (AFR20) Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand vas, Ek wat vir jou sê, ‘Moenie bang wees nie – Ek is die Een wat jou help.’ Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die Here. Jesaja 41:18 (AFR20) Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne. Jesaja 41:20 (AFR20) sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het. DIE HAND VAN DIE HERE OP JOU BRING DIE VERSKIL Esegiël 37:1-3 (AFR20) Die hand van die Here was op my. Hy het my deur die Gees van die Here uitgelei en my neergesit in die laagte – dit was vol beendere. Hy het my keer op keer daar rondom laat loop; en kyk, daar het geweldig baie versprei oor die laagte gelê, en hulle was heeltemal verdroog! Hy vra toe vir my: “Mensekind, kan hierdie beendere leef?” Ek het geantwoord: “My Heer, Here, net U weet dit.” Handelinge 11:21 1 Konings 18:46 HOE BEWEEG DIE HAND VAN DIE HERE SAAM MET JOU? 1. Nederige afhanklinkheid 1 Petrus 5:5-7 (AFR20) “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Daarom, verneder julle onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle op die regte tyd kan verhoog, deur al julle bekommernis op Hom te werp; want Hy gee om vir julle. 2. Vra en vertrou Handelinge 4:29-30 (AFR20) En nou, Here, slaan ag op hulle dreigemente, en gee dat u diensknegte u boodskap met alle vrymoedigheid verkondig, deur u hand uit te strek tot genesing, en deurdat tekens en wonders deur die Naam van u heilige Dienskneg Jesus plaasvind.”