SKIET ONGELUK in die JAGVELD - Twee broers...daar word geveg om aan die lewe te bly.

Attie & Henno Gerber, was bykans 30 jaar gelede, op die ouderdomme van 15 & 20, in die jagveld, in n frats skiet ongeluk betrokke. Henno word deur sy arm, borskas en nek geskiet met n 30nul6 kaliber, en hulle is kilometers vêr van die naaste hulp. Deur die reuk van bloed, bosveld en buskruit, word daar geveg, om aan die lewe te bly. Dis n gejaag teen tyd, en daar vorm n onbreekbare broedersbond in hulle donkerste uur. Die Here sien n Pa se vrees vir God raak, die geloof van n jonger broer deur die uitroep van "Here help ons asseblief", die gebedsketting wat voortduur en die Here luister na n jongman se hart. Wonderwerke word sigbaar en die dooie bloed, word lewend!