Verhoudings wat harte vir evangelie open (video preek, 14 Junie 2026) Hand. 2:42-47

Waarom het die eerste Christene so 'n diep indruk op die mense rondom hulle gemaak? Handelinge 2:42–47 wys dat dit nie bloot hulle prediking of programme was nie, maar die sigbare werklikheid van God se werk in hulle lewens en verhoudings. Die eerste gemeente was nie volmaakte mense nie, maar mense wat deur die opgestane Christus en die Heilige Gees verander is. Hulle liefde vir mekaar, hulle toewyding aan God en hulle gemeenskaplike lewe het iets van God se nuwe skepping sigbaar gemaak. Daarom het die Here mense by hulle gevoeg. In hierdie boodskap is 'n uitnodiging aan ons om te vra: Is die werklikheid van Christus nog sigbaar in ons geloofsgemeenskap? Kan mense vandag nog iets van God se herstelwerk in die lewe van sy kerk raaksien? #Handelinge2 #VerhoudingsWatHarteVirDieEvangelieOpen #Evangelie #JesusChristus #HeiligeGees #Dissipelskap #ChristelikeGemeenskap #Gemeente #Bybelstudie #Preek #WoordVanGod #NuweSkepping #Acts2 #ChurchLife #Gospel