Om blindelings te vertrou! Ds Gustav Opperman Hebr 11 Ongegrendelde Woord 2021

Deur die geloof verstaan ons die hele skepping. Deur die geloof ontvang ons sekerheid van waarheen ons op pad is. Deur die geloof vind ons daardie pad in hierdie lewe. Gewone mense word helde wanneer hulle God glo, wanneer hulle Hom onwrikbaar begin glo. Glo dat Hy wat nie gesien kan word nie, elke belofte van Hom sal nakom. Woordverkondiging Hebr 11, ds Gustav Opperman GK Matlabas. Skryf asb in op ons YouTube-kanaal, Woorde. Ons video's Troos, Bemoedig, Waarsku en Leer. Die brief aan die Hebreërs word gerig aan sondige mense. Die betrokke gemeentelede het nou al ‘n ruk van te vore die evangelie aanvaar. Meeste het al belydenis van hulle geloof gedoen, meeste van hulle wat deel was van die Joodse geloof het besef dat hulle heeltemal daarmee moet breek, maar daar is ‘n probleem ... hulle was nie meer seker nie. Soos ‘n kind wat moet leer swem, sit hulle nou op die rand van die swembad met net hulle voete in die water. As hulle hulself volkome oorgee, dan gaan hulle moeilikheid optel ... moeilikheid by hulle familie miskien, by die goed gevestigde Joodse gemeenskap, definitief moeilikheid by die Romeinse owerhede moeilikheid by die werkplek ... Erge moeilikheid ... wat al hoe erger kan word, want ons lees in hoofstuk 10 hoe sommige gelowiges deur beledigings openlik bespotlik gemaak is hoe die gelowiges se goed in sommige gevalle van hulle afgeneem is (Heb 10:33). Ons lees in hoofstuk dertien van Timoteus se gevangenskap. As jy dus daardie kind langs die water is ... en jy sien hoe diep die water is ... en hoe koud die water is, dan sal jy ook maar liefs veilig speel, sal jy maar ook liefs jou voete terugtrek ... Eerder bang Jan as werklose Jan, eerder bang Jan as vriendlose Jan eerder bang Jan as Jan in die tronk eerder bang Jan as dooie Jan, nie waar nie? Dis vir hierdie mense dat hierdie brief geskryf is. As ons verder terug in hoofstuk 10 lees dat die skrywer hulle vermaan om nie die onderlinge byeenkomste te versuim nie, dan kan ons aanvaar dat daar dalk baie goeie rede was om nie saam te kom nie ... om nie die onderlinge byeenkomste by te woon nie ... en dat hulle ‘n baie beter rede gehad het as net: “dominee, ons kon nie kerk toe kom nie, want ons het mense gehad”. Dit kon hulle hul werk gekos het ... of hulle familie ... of hulle besittings ... selfs hulle lewe. Wat beteken dit dus om deur die geloof te lewe? Bron: Hebreërs 11-12:3 Om blindelings te vertrou! Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas GK Matlabas Ongegrendelde Woord 1 2021 01 24 Is u 'n gelowige in die buiteland of 'n gemeente buite bereik van suiwer Woordverkondiging? Of het u het 'n verlange om die Evangelie te ervaar? Dan is u op die regte plek. Welkom by ons internetbediening! Skryf asb in op ons YouTube kanaal! Tik/Kliek op Woorde uit sy Woning 1) Reformasie 500 feesproduksie (Musiekdrama): Uit Diep van Donker Nagte kan bestel word vanaf [email protected] Please watch: "Die DVD Uit Diep van Donker Nagte Reformasie 500 Reformation 500" (Lokfilm)    • Uit Diep van Donker Nagte Reformation 500 ...   2) Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: Skryf in op ons poslys by [email protected] 3) Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en is dus meer toeganklik. 4) Ons Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. 5) Epos u vrae oor hierdie preek of enige ander geloofsake. Kontak ons: [email protected] 6) Besoek ons Faceboek-blaaie: WoordeuitsyWoning en Gereformeerde Kerk Matlabas en teken asb in! 7) Ons gemeente is 102 jaar oud. Dit is ons roeping om in hierdie kanaal deur preke, Bybelstudies en Kategismusuitleg die Evangelie te versprei in Suid-Afrika, maar ook orals in die wêreld waar gelowiges ‘n behoefte het om die Woord te hoor. Ons Woorde uit sy Woning YouTube-kanaal het in 2016 begin. Ons is gedurig besig om die kwaliteit van ons video’s te verbeter deur ons toerusting op te gradeer. Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op [email protected] Ons sal dit waardeer. U kan ook direk 'n bydrae maak: Woorde uit sy Woning maak gebruik van: FNB Spaarrekening/Savings Pocket Rekeninghouer: Philippina Opperman Rek no: 62572033026 FNB Thabazimbi Stuur asb u kontakbesonderhede met bewys van donasie aan: [email protected] Ons sal u graag wil bedank. Baie dankie aan ons kykers wat ons gereeld ondersteun. Dit hou ons kanaal lewensvatbaar. Ons wil nie advertensies in ons video's toelaat nie. Musiek gebruik in hierdie video: Gemeentesang Ps 8:1, Ps 116:3

Bewaar die saligmakende Woord (Op 1 en 13) Ds Gustav Opperman  GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
▶︎

Bewaar die saligmakende Woord (Op 1 en 13) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

Verwerp God en word verwerp! Ds Gustav Opperman 2 Konings 17:1-23 Woorde uit sy Woning
▶︎

Verwerp God en word verwerp! Ds Gustav Opperman 2 Konings 17:1-23 Woorde uit sy Woning

Roep na God! Ook by die puinhope van jou kerk, jou lewe! Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Ps 74
▶︎

Roep na God! Ook by die puinhope van jou kerk, jou lewe! Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Ps 74

Happy Old Age of an Elderly Couple with a Big Heart Living in Mountains Far From Civilization
▶︎

Happy Old Age of an Elderly Couple with a Big Heart Living in Mountains Far From Civilization

God is een Wese en drie Persone, nie een Wese in drie vorms nie (Joh 14:16-31). Ds. Schalk Strauss
▶︎

God is een Wese en drie Persone, nie een Wese in drie vorms nie (Joh 14:16-31). Ds. Schalk Strauss

Jo Black oor sy "wilde lewe" en pa-wees
▶︎

Jo Black oor sy "wilde lewe" en pa-wees

My storie: 'n Jongman in die woestyn - Andries Vermeulen, 15 April 2018
▶︎

My storie: 'n Jongman in die woestyn - Andries Vermeulen, 15 April 2018

Hoe kan ons die wêreld help? Regeer soos konings! Deu 17 Ds Gustav Opperman  Woorde uit sy Woning
▶︎

Hoe kan ons die wêreld help? Regeer soos konings! Deu 17 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning

137) Bewaar die saligmakende Woord (Volledige Erediens: Op 1&13) Ds G Opperman @WoordeuitsyWoning
▶︎

137) Bewaar die saligmakende Woord (Volledige Erediens: Op 1&13) Ds G Opperman @WoordeuitsyWoning

Wat sien ons vandag? (Ps 46; Op 5&6) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
▶︎

Wat sien ons vandag? (Ps 46; Op 5&6) Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

God sal my voleindig(Hand16; Fil1) Belydenis Adriaan Vorster Ds Gustav Opperman@WoordeuitsyWoning
▶︎

God sal my voleindig(Hand16; Fil1) Belydenis Adriaan Vorster Ds Gustav Opperman@WoordeuitsyWoning

Ons was bly! Psalm 126 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
▶︎

Ons was bly! Psalm 126 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning

38) Luister met 'n oop Bybel Bybelstudie uit Hand 17 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
▶︎

38) Luister met 'n oop Bybel Bybelstudie uit Hand 17 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning

CARPE DIEM SENIORS BIED AAN - STEPHAN JOUBERT
▶︎

CARPE DIEM SENIORS BIED AAN - STEPHAN JOUBERT

Gee jou boot vir Jesus - Andries Vermeulen, 15 April 2018
▶︎

Gee jou boot vir Jesus - Andries Vermeulen, 15 April 2018

40) Die Opstanding - Dink daaraan! Bybelstudie uit Hand 17:22-44 Ds G Opperman@WoordeuitsyWoning
▶︎

40) Die Opstanding - Dink daaraan! Bybelstudie uit Hand 17:22-44 Ds G Opperman@WoordeuitsyWoning

Soaking Worship Instrumental 🕊️ RUACH ADONAI ~ Peaceful Violin Prayer Music
▶︎

Soaking Worship Instrumental 🕊️ RUACH ADONAI ~ Peaceful Violin Prayer Music

Moeilike Tye Sonder Antwoorde: Wat Doen Ek Verkeerd? -  Past. Frik Weideman | Menorah Tabernakel
▶︎

Moeilike Tye Sonder Antwoorde: Wat Doen Ek Verkeerd? - Past. Frik Weideman | Menorah Tabernakel

Ds Shawn Will - 7 Junie 2026
▶︎

Ds Shawn Will - 7 Junie 2026

“Die nag toe my man ons drie kinders vermoor het”
▶︎

“Die nag toe my man ons drie kinders vermoor het”