Kom soos jy is, maar kom om gereinig te word. Markus 1:40-45

Ons hoor dikwels: “God aanvaar jou net soos jy is. Kom na Jesus soos jy is.” Dit kan 'n wonderlike evangeliewoord wees. Maar dit kan ook gevaarlik verdraai word as daarmee bedoel word dat Jesus nie eis dat jou lewe verander nie. In Markus 1 kom ’n man na Jesus presies soos hy is: siek, onrein en uitgesluit uit die gemeenskap van gelowiges. Jesus stuur hom nie weg nie. Maar laat Hy hom bly soos hy is?