Oorkom só die houvas van die wêreld - 1 Joh 5:1-5

Die wêreld vra nie altyd dat jy Christus openlik moet verloën nie. Dit vra net dat jy Hom tweede plaas—ná die goed en geld wat jy najaag, na jou gemak, nadat jy eers ander mense tevrede gestel het, na dit wat jy wil hê en begeer. Maar wanneer jy Christus tweede stel, het die wêreld reeds ‘n houvas op jou begin kry. Hoe breek jy daardie houvas van die wêreld? Dankie dat jy saam luister na die Woord van God. Deel asseblief hierdie boodskap met die mense vir wie jy omgee en nooi hulle om Gelowig Op Pad te volg.