Een-word met... Hoogte - Andries Ensin, 11 Maart 2018
11 MAART 2018 TEMA:HOOGTE REEKS:EEN-WORD MET ... TEKS:MARKUS 9:2-9 (DB) _____________________________________________________________________________ Markus 9:2-9 (DB) Ses dae het verbygegaan. Jesus vat toe vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom teen ’n hoë berg uit. Niemand anders was saam met hulle nie. Skielik, voor die oë van die drie mans, het Jesus heeltemal anders begin lyk. Sy klere het geskitter en geblink soos g’n mens dit ooit kan laat skitter of blink nie. Plotseling verskyn die ou Godsmanne, Elia en Moses, ook daar voor hulle en begin met Jesus praat. Petrus haak toe af en sê: “Here, dit is so lekker om hier te wees. Laat ons sommer drie huisies hier bou, een vir U en een elk vir Moses en Elia.” Petrus het eintlik net gebabbel, want hy was heeltemal verbouereerd. Hy het nie geweet wat om te sê nie, want hy was bang. Die skaduwee van ’n groot wolk val toe op hulle. Iemand praat toe uit die wolk: “Dit is die Seun wat Ek liefhet. Luister na Hom.” Met die knip van ’n oog was alles en almal weg. Hulle het rondgekyk, maar nog net vir Jesus by hulle sien staan. Terwyl hulle so van die berg afstap, vra Jesus hulle mooi om vir niemand te vertel wat gebeur het voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie. HOOGTE, BERGE HET GEESTELIKE BETEKENIS DAAR IS WERK, AF VAN DIE BERG Markus 9:14-19 (DB) Toe Jesus-hulle van die berg af by sy ander volgelinge aankom, sien hulle dat daar ’n hele gedoente aan die gang is, want ’n klomp mense het daar saamgedrom. Die Joodse geleerdes wat die Skrif moes uitlê, was met die volgelinge van Jesus aan die argumenteer. Die mense was verras toe hulle skielik vir Jesus daar sien aankom en hardloop na Hom toe. “Waaroor stry julle so met hulle?” vra Jesus. “Meneer,” sê een van die mense toe, “ek het my seun hiernatoe gebring. ’n Bose gees het hom beetgepak sodat hy nie ’n woord kan uitkry nie. As die bose gees hom pak, slaan hy op die grond neer. Skuim borrel dan by sy mond uit, hy byt vreeslik op sy tande en hy word stokstyf. Ek vra toe u volgelinge om die gees uit my seun te verjaag, maar hulle kon nie.” Jesus sê toe: “Julle glo darem baie swaar. Hoe lank moet Ek nog hier by julle bly voordat julle sal glo? Hoeveel geduld moet Ek nog met julle hê? Bring die seun hier.” HOEKOM HET ONS NIE DIE KRAG NIE? Markus 9:28-29 (DB) Nadat Jesus-hulle weer by die huis ingegaan het, vra sy dissipels Hom stilletjies: “Hoekom kon ons nie van die bose gees ontslae raak nie?” Jesus sê toe: “Hierdie soort bose gees kan net uitgedryf word as jy God in gebed daarvoor vra.” Matteus 17:19-21 (OAV) Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie.” En Jesus antwoord hulle: “Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur vas nie.”

Gee jou boot vir Jesus - Andries Vermeulen, 15 April 2018

Die Eindtyd (Johan Delport)

My storie: 'n Jongman in die woestyn - Andries Vermeulen, 15 April 2018

Sondagoggend Erediens - 24 November 2019

DIE 7DE HAND IS DIE GEHEIM - 14 JUNIE 2026

NG Grimbeekpark Sondag 24 Mei 2020

The Person of the Holy Spirit | Benny Hinn in Ghana

RESTORING THE ORDER 2026 - DAY-3 #dunsinoyekan #worship #intimacy

Terugslag 1 | Johan Smith

KRY KRAG VIR VADERSDAG - 21 JUNIE 2026

Man na God se hart Past Andries Vermeulen

Daaglikse Oordenking - 25 Junie 2026

Ds. Johan Schutte: God bou Sy volk van priesters, profete en konings met Christus as hoeksteen.

In gesprek met ... Ds Riaan Victor

Psalm 1 | Vita Dei 774

Die belofte van die Heilige Gees - ‘n Lewe van IMPAK | Marius Keyter | Pinkster 2026

Sondagdiens 21 April 2024 | Die skild en die swaard | Gerhard van Zyl

ALWAYS BE SILENT IN 8 SITUATIONS - Myles Munroe Motivational Speech

Radical Christians – My Exit from the OCG (1/2) | Ivo Sasek and his Sect | Report | SRF Dok

