Jesus leef, en ons met Hom! 2026-04-05 - Chris Odendaal

2026-04-05 Jesus leef, en ons met Hom!? (Week 15 - Paassondag) Gepreek uit NG Kerk - Collage Gemeente, Vanderbijlpark op 5 April 2026 Leraar: Ds. Chris Odendaal Skrifgedeeltes: 1 Korintiërs 15:1-11, Openbaring 5:1-5, Kolossense 2:6-15 Jesus lééf, en ons met Hom! Ons het saam met Jesus uit die dood opgestaan! (Wingerdstok en lote) Jesus hou ons lewens in Sy hande! (1ste hemel - wat ons kan sien, 2de hemel - die kosmos en buitenste ruim, 3de hemel - woonplek van God, Jesus het deur die hemele gegaan tot by God in die hemel, alles in die heelal in Sy hande, bo alles uit om alles met Sy teenwoordigheid te vul) Ons leef in gebondenheid met Hom (ons is geestelik besny - kan nie die groot goed vat behalwe deur geloof - ons gaan saam met Hom verskyn al is ons hier - iets van jou is klaar in die hemel *leer dus die ander "jy" ken) Só glo ons met ons geskenkte geloof! (glo dit werklikwaar - Hoe maak ons die kennis ons eie? - preke internaliseer, eerstenatuur denke - *Dink na oor jou geestelike besnydenis en doop - *geskenkte geloof)