Fritz & Lorraine | Warm Karoo

Op die 15de November 2025 het Fritz & Lorraine by Warm Karoo trou aan mekaar beloof. Dit was 'n spesiale dag gevul met emosies en baie reën. hulle sê mos: Reën op jou troudag is seëninge! Fritz & Lorraine, mag julle huwelik gevul wees met seëninge soveel soos die druppels water wat op julle trou dag geval het. Mag julle vir mekaar lank gespaar wees en mag julle saam die grootste hoogtes bereik! Dit was 'n voorreg om julle trou dag saam met julle te kon spandeer! Videograaf: Jan Jordaan Fotograaf: MM Photography Klank en Beligting: Creative Kilowatt Productions Venue: Warm Karoo & The Kitchen Bruid Voorberei: The Tredenham Boutique Hotel