HoëR MEISIESKOOL ORANJE - JUIG!
Sit terug, glimlag saam… en JUIG, want by Oranje is vreugde iets wat nie net beleef word nie, dit word uitgeleef. Die temavideo “JUIG” van Oranje Meisieskool vier die skool se jaarfokus, geïnspireer deur Sefanja 3:17. ’n Herinnering dat God by sy kinders is, hulle beskerm en oor hulle juig met oorvloed vreugde. Die agtergrondgedagte van die tema vorm die hartklop van die video: Oranje juig oor haar unieke identiteit in God, oor susterskap, oor diepgewortelde tradisies en oor onderwysers wat opreg omgee. Sy juig oor elke meisie wat deur haar hekke stap, want Oranjeniete is eenders in hul strewe om vooruit te gaan, maar elkeen dra ’n uniekheid wat die skool laat skitter. Hierdie produksie wys dat Oranje meer is as ’n skool, sy is ’n lewenswyse. Dit is die uitgestrekte hand aan ’n onsekere nuweling, die laatnaggeselsies in koshuiskamers, die drukkie ná ’n moeilike toets, die stemme wat jou naam skree vanaf die paviljoen. Dit is die wete dat jy nooit alleen is nie. By Oranje word jy opgevang deur jou sussies, en beskerm deur God se hand. Die video stel ten toon hoe elke meisie se unieke storie deel word van ’n groter lied. Oranje is die musiek waarop haar leerders dans, 'n veilige vesting waar jy groei, waar jy sterker word, waar jy leer om te juig oor God se skepping, oor diversiteit, oor persoonlikhede, oor elke glimlag en oor elke uitdaging wat jou vorm.

Oranje Meisieskool | 2025 in oënskou

Oranje; 'n droom na 'n werklikheid

Leavers Video 2026

Grey Gala

People Who Messed With The Royal Guard and Regretted It!

Hoërskool Hennenman (Palm Productions)

تلاوة القرآن للدراسة والتركيز 📚🕛 | راحة وطمأنينة | Peaceful Focus Quran | محمد هشام

Rowan Atkinson's Brilliant Humor Leaves Celebrities in Tears!

Safari Trips Went Horribly Wrong

How US Air Force B 52 Pilot Performed an Emergency Takeoff at Full Speed

The FULL VIDEO of Trump they didn’t want released

Oranje; oor jou sal ons bly JUIG!

Grey College 170 Jaar: Reünie 2025 Hoogtepunte

Try Not To Laugh 🤣😂 Best Baby And Dog Funny Moments Ever

Shakira, Burna Boy - Dai Dai (Official Video)

People Keep Asking Me About Racism In Germany. Here’s My Honest Answer.

Fritz & Lorraine | Warm Karoo

ASMR Addictive Fast Tapping Collection For Deep Sleep & Anxiety Relief (No Talking) — 2.5 Hours

The Match That Made Brazilians Hate Germany

