DIE KONINKRYK IS GROOT EN KLEIN, ANDRIES ENSLIN- 19 MEI 2019

DIE KONINKRYK IS GROOT EN KLEIN TEKSVERSE: MATTEUS 13:31-33 Handelinge 1:3-8 (NLV) In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat. ’n Keer toe hulle so saam was, het Hy aan hulle dié opdrag gegee: “Moenie Jerusalem verlaat voordat julle van die Vader ontvang het wat Hy belowe het nie. Julle onthou mos dat Ek julle vroeër daarvan vertel het: Johannes het met water gedoop, maar júlle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?” “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie. Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” HULLE DROOM OOR ISRAEL TEENOOR DIE GROEI VAN DIE KONINKRYK Romeine 63 B.C. - 629 Arab Islam 629 - 1099 Crusaders 1099 - 1244 Ottoman 1517 - 1917 Britte in 1ste Wêreld Oorlog 1917 Israel onafhanklik na 2de Wêreld oorlog 1948 - 1967 2015 was daar 2.3 biljoen Christene, 31% van die wêreld se bevolking. WAT LEER JESUS SY DISSIPELS OOR DIE KONINKRYK? Matteus 13:31-33 (NLV) Hier is nog ’n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: “God se koningsheerskappy is soos ’n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het. Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so ’n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak.” Hy het ook die volgende gelykenis vir hulle vertel: “God se koningsheerskappy is soos suurdeeg wat ’n vrou gebruik het om brood te bak. Al het sy net ’n bietjie suurdeeg in ’n groot baksel meel ingewerk, het dit uiteindelik alles deursuur.” SO WAT MOET ONS DOEN? Galasiërs 5:22-23 (NLV) Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. Handelinge 1:8 (NLV) Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.