❤️ Selfbeeld, Seks & Verhoudings | Timothy Kieswetter | Obsession Podcast

In hierdie episode kuier ek saam met Timothy Kieswetter, seks-terapeut, spreker en die man agter Gesonde Seks. Ons gesels oor die goed wat baie mense dink, maar nie altyd hardop sê nie. Verhoudings, seks, huwelike, selfbeeld, ontrouheid, trauma, mans, vroue en hoekom dit soms voel of ons mekaar glad nie verstaan nie. Ons praat ook oor hoekom soveel vroue sukkel om hul eie waarde raak te sien, hoe jou selfbeeld jou verhouding beïnvloed, en wat mans en vroue regtig van mekaar nodig het. Geen filters nie. Geen ongemaklike mooi-antwoorde nie. Net 'n eerlike gesprek met baie lag, baie waarheid en dalk 'n paar dinge wat jou anders gaan laat dink. Sit terug, skink die koffie (of wyn 😅), en kom kuier saam. 🎙️ Met Chantelle van Obsession Boudoir Photography 🎙️ Gas: Timothy Kieswetter - GesondeSeks Baie dankie aan my span wat die moontlik gemaak het. Jul beteken baie vir my! Make up & Hare: @Private M Collection deur Michelle Draper Photography Assistant: Kaylin Lubbe Photography & Videography: Obsession SA | Chantelle Van Hamersveld Studio: Obsession SA in Montana Boulevard