Energiebalans
https://ajdutoitmusic.github.io/AJduT... Energiebalans – AJ du Toit © Nie elke gesprek laat jou bevredig nie Nie elke ontmoeting gee terug nie Sommige mense onttrek – sommiges deponeer En jou wese voel die verskil Jy ken die gevoel - Na die interaksie met hulle Loop jy uit en vra jouself Waar is my energie heen Elke sin 'n onttrekking Elke uur 'n heffing Jou innerlike reservoir leeg getap Koud - gedreineer – gekou en smaakloos uitgespuug Hulle absorbeer soos 'n droë spons Vat al die hitte - laat net koue agter Endoterm - jy betaal die prys En kry niks terug vir jou inset Maar dan is daar die ander soort Die een wat anders voel Van die eerste woord af Weet jy - hierdie reaksie lewer hitte Eksoterm - die reaksie wat warm maak Eksoterm - die gesprek wat die reservoir laai Jy stap weg vol energie Warm - gemotiveer - gereed Eksoterm - die warmte gloei van binne Die lig wat vrygestel word My eksoterms - my mense Die energiebalans van my lewe Jy ken hulle ook - Die gesprek wat ure voel soos minute Waar jy lag sonder rede En idees gebore word sonder moeite Jy stap in leeg - jy stap uit oorvol Die reaksie het meer gegee as geneem Warm van binne - lig met ‘n huppel in jou stap Die wêreld lyk anders ná die interaksie Hulle is die eksotermiese reaksie In die chemie van jou sosiale lewe Hitte bygevoeg - energie vrygestel Jou reservoir vol - jou gees gelaai En selfs as die lewe swaar is En jy min aktiveringsenergie het Aktiveer die hitte van die eksoterms jou Die opbrêngs is altyd meer as die inset Eksoterm - die reaksie wat warm maak Eksoterm - die gesprek wat laai Jy stap weg vol energie Gelaai - gemotiveer - gereed Eksoterm - die warmte van binne Die lig wat vrygestel word My eksoterms - my mense Die energiebalans van my lewe Sommige reaksies verg aktiveringsenergie Jy moet eers werk – eerste energie inset Maar daarna is die eksotermiese opbrêngs gunstig Altyd meer as wat jy gegee het Die katalis in jou lewe - Die mense wat dit makliker maak Om die beste weergawe van jouself te wees Sonder om jou te dreineer Want ‘n eksotermiese reaksie beteken Dit bied meer as wat dit neem So is my eksoterms vir my Hulle gee meer as wat ek verdien Eksoterm - ken jou energiebalans Eksoterm - ken jou mense Die endoterms sal altyd daar wees Maar beperk die tyd wat jy opoffer Eksoterm - koester hierdie reaksies Wat jou reservoir vul My eksoterms - my lewenskrag Die waardevolste balans in my lewe Ken jou endoterms… Beperk die onttrekkings… Koester jou eksoterms… Hulle vul jou… My lewens-energiebalans… My warm mense… Die ware mense

Tour de France 11. Etappe Highlights: Wildes Sprintfinale in Nevers | Sportschau

They Didn't Like Her Look, But Then She Sang Like a Star! 🤩

Resonansie

Drome en Herinneringe

Mr.Bean Making Celebrities Cry With Laughter NONSTOP!

Incredible Street Performers – Caught on Camera

"Moenie Kwaad Gaan Slaap Nie"

Ware Wortels

Amazing Takeoff at Saba Airport! Pilot Risks Everything on the World’s Shortest Runway

She’s Shy. She Stutters. Then SHE SINGS… You Won’t Believe It!

Boerelewe

My Mens | Die Mooiste Afrikaanse Liefdesliedjie van 2026

Your Mind Will Disappear Into This | Persian Deep Trance

Die Bosveld se Polsslag

Die Besoeker

Rowan Atkinson's Funniest Moments That Prove He's a Comedy Genius

She Asks if I Know Coldplay and This Singer Shocks The Street

Stil Geluide (Industrial Metal Remix)

10 Funny South African Commercials

