Doppler-Effek

https://ajdutoitmusic.github.io/AJduT... Doppler-Effek – AJ du Toit © Die ambulans ry verby Jy staan op die kantlyn en hoor Die klank variasie - hoër - laer Maar die bestuurder hoor net één toon Dis maklik om te staan waar jy staan En te oordeel oor wat jy hoor Die klank klink verwronge - die situasie skeef Maar besef jy beweeg nie saam die bron nie Jy sien die ambulans verbydraf Jy hoor die klank verander En jy glo jy verstaan die storie Maar jy staan still - die sirene beweeg Die kantlyn is 'n gemaklike plek Geen risiko - geen beweging - net oordeel Maar gemak leer jou niks Dit mis die werklike gevoel om daar te wees Want jou verwysingsraam Bepaal wat jy hoor Nie die waarheid nie - net jou waarheid Van waar jy staan - nie waar hulle is nie Doppler - die klank verander met afstand Doppler - beweging verander alles As jy wil hoor wat die bestuurder hoor Moet jy saam met die ambulans beweeg Doppler - stap weg van die kantlyn af Doppler - beweeg saam in hul rigting Die ware toon - die ware klank Kan jy net hoor as jy saam loop Stap in sy skoene - net vir 'n dag Voel die grond onder sy voete Beweeg teen sy spoed - in sy rigting Dan sal jy hoor wat hy hoor Dan verander die klank nie meer nie Die toon bly konstant - suiwer - waar Want jy beweeg nou saam die bron En die verwronging verdwyn Dit is nie swakheid om te verstaan nie Dit is nie verlies om empatie te hê nie Dit is die moeisaamste ding Om jou eie verwysingsraam te verlaat Want jou verwysingsraam Bepaal wat jy hoor Beweeg na hulle toe - verskuif jou raam Dan hoor jy die ware klanke Doppler - die klank verander met afstand Doppler - beweging verander alles As jy wil hoor wat die bestuurder hoor Moet jy saam met die ambulans beweeg Doppler - stap weg van die kantlyn af Doppler - beweeg saam in hul rigting Die ware toon - die ware klank Kan jy net hoor as jy saam loop Die bestuurder hoor nie die verandering nie Hy hoor net die konstante toon Want hy beweeg saam die bron Hy is deel van die storie So moet ons ook saam beweeg Nie oordeel van 'n vaste punt af nie Die mense om ons is soos luiende ambulanse Vol stories wat jy net werklik verstaan as jy saamry En as jy vinniger as begrip beweeg Hoor jy jouself nie meer nie Jy verloor jou eie klank In die haas om nêrens te wees Doppler - beweeg saam die bron Doppler - los jou kantlyn agter Die klank wat jy gehoor het van vêr Was nooit die ware klank nie Doppler - empatie is fisika Beweeg saam die bron - hoor hulle werklik Die ware toon - die ware mens Kan jy net ken as jy saam beweeg Die ambulans ry weg… Die klank verdwyn… Maar die bestuurder… Hy het altyd dieselfde toon gehoor… Beweeg saam… Dan hoor jy ook die ware klanke…