S2 - As jy op God wag… en Hy jou verras! 🙏🏼 Rachelle Fourie saam Daandré & Marisca Coetzee
Hallo julle en welkom terug by @myhartklopso_podcast ! Dit is tyd vir Seisoen 2. Hierdie week gesels ons met ’n besonderse paartjie wie se storie regtig wys hoe mooi God se planne inmekaar pas. Daandré en Marisca Coetzee het mekaar op ’n baie unieke manier ontmoet - op ’n tv-dating show @@boersoekvrou ! Vandag stap hulle saam in die huwelik én in bediening, waar hulle hul lewens wy daaraan om ander mense nader aan God te bring. Marisca is ’n onderwyseres met ’n groot passie vir kinders se geestelike en emosionele groei. Haar reis met die Here het in 2022 ’n nuwe diepte gekry toe sy haar hart aan Hom oorgegee het. Daandré se pad het begin op sy pa se plaas, deur sy studies in landbou en sy bediening onder die jeug, en vandag leef hy sy roeping uit deur boerdery én bediening. Saam het hulle ’n nuwe geloofsreis begin deur Ruach Adventure Ministry, ’n bediening wat fokus op avontuur, natuur en geloof. “Ruach” beteken in Hebreeus “asem”, “wind” of “Gees” - ’n herinnering dat God se asem lewend en aktief in ons werk. In hierdie episode deel hulle hul pragtige liefdesverhaal, hoe hulle leer om God eerste te stel in hul huwelik, en hoe dit lyk om Hom te vertrou in wagseisoene. 💛 Hoofstukke : 0:00 - 1:51 = Ontmoet vir Daandré & Marisca. 01:51 - 06:53 = Hoe klop Daandré & Marisca se harte? 06:53 - 16:10 = Wanneer het elkeen se verhouding saam Jesus apart begin? 16:10 - 22:12 = Hoe bly hulle gefokus op God se plan & pad en verloor nie fokus op die wereld se pad nie? 22:12 - 31:06 = Hoe vertrou julle op God as julle nie die toekoms kan sien nie? 31:06 - 37:46 = Het hulle ooit gedink, voor die Boer Soek ’n Vrou 2024-reis, dat hulle lewens vandag só sou uitdraai? 37:46 - 44:14 = Wat was die moeilikse wag seisoen in hulle lewens wat hulle al moes deur gegaan het? 44:14 - 46:21 = Na die wag seisoen, wanneer weet mens om te stap uit in geloof? 46:21 - 53:42 = Raad vir mense wat bid vir iets, maar hulle voel God hoor hulle nie? 53:42 - 59:37 = Watter raad het hulle vir mense in hulle ouderdom wat op God wag vir die regte lewensmaat? 59:37 - 01:06:46 = Wat is 'Ruah Adventure Ministries' ? 01:06:46 - 01:07:28 = Sê totsiens! 🔗 Instagram : https://www.instagram.com/myhartklops... 🔗 Facebook : / 17mhfuekpq 🔗 Tiktok : https://vm.tiktok.com/ZSHvwQTXwxqtH-g... #boersoekvrou #boersoeknvrou2024 #daandrecoetzee #mariscacoetzee #daandreboersoekvrou #afrikaansepodcast #podcast #myhartklopsopodcast #relationship #rachellefouriepodcast #rachellepodcast #klopklop #suidafrikapodcast #liefde #kyknet

S2 - Die druk om te presteer - maar wanneer is dit genoeg? 🏫 Rachelle Fourie saam Ben Pienaar

S2 - As jy nie die volle prentjie kan sien nie! I Rachelle Rousseau Fourie & Savanha Crause

S2 - ’n Lewe Gelei deur die Heilige Gees! 🤍 Rachelle Fourie & Michelle Eybers

Wanneer jy Wysheid kortkom (Jak 1:5-8) | Vita Dei 522

Volg jou drome & wees jouself | Leah Van Niekerk S1E5.

Darba strīdos uzvarētāju nav. Kā tos risināt, lai nenonāktu līdz tiesai?/ viesos Andris Lazdiņš

432Hz - Fall Into Deep Sleep in 3 Minutes, Heal All Damage In The Body and Spirit, Relieve Stress #2

Türkei – USA Highlights | Gruppe D, FIFA WM 2026 | sportstudio

LIVE Presence Worship on the Streets · AMSTERDAM CENTRAL STATION · Anointed Worship w/ @ElvisEtv

4 JUNE 2026 - Goeiemôre, Good Morning | IN DIEPTE | MEL VILJOEN

COME SHOP TRINITY CHURCH RUMMAGE SALE WITH ME & MY MOM ON A BIG THRIFTED HOME DECOR HAUL

S1, EP14 - Hoe wen mens in die lewe ? 🏆 Rachelle Fourie & Pickard Henn

Hoe om jouself weer te vind na trauma - S1E2 | Janine Gouws

RITME Digitaal | Leef met die regte soort invloed | Johan Smith

S1, EP2 - Blom in jou identiteit 🌸 Rachelle & M’landi

LIVE Bediening | Terugkeertyd

Vorahnung: "Ich wusste, dass ich sterbe" | Die Hölle war gebucht - dann kam Gott

Santo Rosário da Madrugada | Instituto Hesed - 20/04

Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27

