Erediens: Ons Vader se hart! ds. Marcel Floor

Ons sien daarna uit om as familie byeen te kom tydens Sondag 12 April se eredienste om 08:30 en 10:00. Ons is ook bevoorreg om getuies te wees wanneer ʼn groepie jongmense belydenis van hul geloof aflê tydens die 08:30 erediens. Kuier gerus tussen die eredienste saam oor ʼn koppie koffie of tee. Sien jou daar! Indien jy nie in lewende lywe saam kan kuier nie, kan jy inskakel op die regstreekse uitsending via Facebook en Youtube. www.wapadrant.co.za #WPRErediens #WPReSaam