Ek wou nog sê...” Seisoen 4 S04E10

Daniel Hugo gesels met die “kokerboom- en klipsweetkind”, Lynthia Julius, voormalige wenner van die AVBOB Poësiekompetisie in Afrikaans. Sy deel haar “woekerdrome” en gesels oor haar debuutbundel, “Uit die kroes”. Nini Bennett resenseer Jolyn Phillips se epiese gedig, “Bientang” – ʼn kragtoer oor dié Strandloper se fassinerende legende. Vir meer inligting: www.avbobpoetry.co.za/Blog/View/54