Agri Dwala in die Overberg: ‘Ons doen meer as net mentorskap en boerdery'

Op ’n plaas in die Overberg bly ’n boere-egpaar wat verskillende maniere gevind het om die lewe van mense in hulle omgewing te verbeter. Die Kerkbode-span het onlangs daar gaan inloer om die storie eerstehands te hoor en beleef. Storie: Heléne Meissenheimer | Video en foto's: Robert Cable. Lees die volledige storie hier: https://kerkbode.christians.co.za/202... Meer oor Agri Dwala: Die naam Agri Dwala is gekies want, soos hulle dit toe verstaan het, beteken dit “om te boer in die berge” wat pas by hul boerdery-omgewing verduidelik boer Kosie van Zyl. Dit is ook waar die titel van die nuwe boek, ‘Uit klip gekap: ’n Getuienis van seën’, vandaan kom wat die tydskrif Landbouweekblad met die borgskap van Kaap Agri vanjaar uitgegee het.