Pinkster 2026 Deel 4: Die Heilige Gees & Hoop | Joh 16:5-11 & Rom 8:18-30 | 22 Mei 2026

In ’n wêreld waar hoop maklik gesteel word, herinner die Heilige Gees ons dat ons nooit alleen is nie—Hy tel ons op wanneer ons val, dra ons in swaarkry en bring ons naby aan die Vader se hart. Ware hoop lê nie in omstandighede nie, maar in God se teenwoordigheid deur Sy Gees wat in ons woon. Kom luister na hierdie bemoedigende boodskap en ontdek hoe die Heilige Gees jou met nuwe hoop, troos en krag wil vul! Skriflesing: Johannes 16:5-11 en Romeine 8:18-30 ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ As jy in die noorde van Perth, Wes Australië bly, nooi ons jou graag uit om ons kerk te kom besoek. Ons hou weeklikse Afrikaanse eredienste om 9:30 v.m. in die Clarkson SDA kerkgebou, 7 Ainsbury Parade, Clarkson 6030. Jy's welkom om ons te kontak vir meer inligting per epos [email protected] Indien die Here dit op jou hart plaas om ‘n bydra te maak tot ons gemeente, kliek hier: https://www.perthkerk.org.au/donasies Volg ons op Facebook: / perth.afrikaanse.kerk Ons webtuiste: www.perthkerk.org.au Ontvang ons nuusbrief: https://bit.ly/3OPQgsc