NOEM MY CHRISTEN - Andries Enslin, 3 Februarie 2019
NOEM MY CHRISTEN IS EK GERED? REEKS NOEM MY CHRISTEN Na ’n ruk het Barnabas besluit om Saulus te gaan opsoek en hom te oorreed om in Antiogië te kom werk. Hy is na Tarsus toe, waar hy vir Paulus raakgeloop het. Paulus was dadelik bereid om saam met hom in Antiogië te kom werk. Hulle twee het die volgende jaar lank daar saamgewerk. Hulle het die mense geleer wat dit beteken om in Christus te glo. Hier in Antiogië is die volgelinge van Jesus die eerste maal Christene genoem. Handelinge 11:25-26 (DB) WAT IS JESUS SE MINIMUM VEREISTE? Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword. Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel. Matteus 9:9-10 (NLV) “Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” Matteus 10:38-39 (NAV) Ek wil hê julle moet iets vir My doen: “Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg. As hulle bereid is om My met hulle hele lewe te volg, moet julle hulle doop op gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. So sal julle hulle inlyf om deel van God se familie te wees. Maar dan is julle nog nie klaar nie. Leer hulle en lei hulle dan in alles wat Ek vir julle geleer het. Vertel hulle hoe belangrik dit is om aan My gehoorsaam te wees en te doen wat Ek vra. “En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees.” Matteus 28:19-20 (DB) GELOOF IN DIE VERSTAND LEI TOT VERSKONINGS Jesus draai toe na een van die ander mense wat ook saam met Hom gestap het en sê vir hom: “Volg My!” Die man antwoord vinnig: “Ek doen dit graag, maar ek moet net eers gou my pa gaan begrawe.” Maar Jesus was nie tevrede nie. “Los die dooies uit. Hulle het hulle kans gehad. Daar is in elk geval genoeg ander mense wat vinnig op pad is na die doderyk toe wat sal sorg dat jou pa begrawe word. Ek stuur jou nou na mense toe wat nog lewe. Gaan sê vir hulle God se nuwe wêreld is hier.” Iemand anders wat gehoor het wat Jesus alles sê, sê toe vir Hom: “Here, U hoef my nie te vra om U te volg nie. Ek bied sommer self aan om u volgeling te word. Ek wil net gou my familie gaan groet en hulle in kennis stel van my besluit.” Toe sê Jesus vir hom: “Daar’s nie nog tyd oor om jou familie te gaan groet nie. Los dit. Nou moet jy saam met My stap. As jy een van my volgelinge wil wees, moet jy al die ander dinge in jou lewe tweede stel, ook jou familie en vriende. Anders is daar nie vir jou plek in God se nuwe wêreld nie.” Lukas 9:59-62 (DB) HOE WORD JY ‘N TOTAAL TOEGEWYDE GEESVERVULDE VOLGELING (TTGV) VAN JESUS CHRISTUS? Jesus reageer daarop: “As Ek wil hê dat hy moet bly leef totdat Ek terugkeer, wat het dit met jou te doen? Volg jý My!” Johannes 21:22 (NLV)

JESUS SÊ: “BEKEER JOU” - Andries Enslin, 10 Februarie 2019

KSM Erediens I 19 Jul. I Eksodus I Ek leef 'n nuwe lewenslied vir U (Stephan Joubert)

GAAN EK HEMEL TOE? - Andries Enslin, 27 Januarie 2019

Sê "La Vie" - Die beste bewaarde geheim...

Byt Vas - Andries Enslin, 12 Augustus 2018

2022 05 22 Om te leer kyk soos Jesus kyk

Past. Graham Taff - Verruil jou titel vir 'n handdoek
![Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts! [19 Okt 2025]](https://i.ytimg.com/vi/Bqvu9ACUHEI/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLCGBkYxMeAIdwmJ_tvMd4QOwr3wNQ)
Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts! [19 Okt 2025]

JAKOBUS: VASGEVANG IN VERSOEKING - Andries Enslin, 9 September 2018

Ruk Jouself Reg | Gary Kieswetter | Die Bron Kerk

Aan Hom || Romeine #6 || 20 Julie 2025

Hart vol winter - Andries Enslin, 10 Junie 2018

NET EEN DING IS NODIG – SO SÊ JESUS - 25 JANUARIE 2026

Waar is Ons Nou? Eindtyd | Danie Botha | Profetiese Inligting oor die Eindtyd

DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE

Waarom is jy kwaad? - Andries Enslin, 28 Januarie 2018 VM

20191013 Iservice Johan Smith #WantJesus 2/4

Die Woord Erediens S4 Episode 22 - 27 Januarie 2019

WAT SAL JY DOEN OM BY JOU KINDERS TE WEES? - Andries Enslin, 25 Desember 2018

