Jy leef in genadetyd! 2Petrus 3:8-10

Ons stel baie maklik iets uit: Ek sal dit more doen... Partykeer omdat ek ander dinge prioritiseer. Ander kere net omdat ek laks is. So gebeur dit ook in ons geloofslewe: Ek sal anderdag met die Here regmaak. Eendag as my lewe rustiger is, sal ek weer bid, my Bybel oopmaak... As ek eendag ouer is, sal ek ernstig met God leef. Nou wil ek nog eers my lewe geniet. En dan troos ons onsself: God is mos geduldig. Maar Jakobus sê: jy weet nie eens hoe jou lewe môre sal wees nie. Môre behoort nie aan jou nie. Die toekoms is in God se hand. Wat as God se genadetyd op is en vir jou se: “Kom vandag”?