Volhard in God se krag! 2 Petrus 1: 5-11

Daar is ’n moedeloosheid wat baie gelowiges al ervaar het. Jy wil regtig die Here dien.Jy wil hê jou lewe moet wys dat jy aan Christus behoort. Maar dan kyk jy na jouself: jou swakheid, jou ou begeertes, jou kort humeur, jou min volharding, jou gebrek aan liefde. En dan begin jy wonder: Hoe moet ek ooit in hierdie wêreld geloofsvrug dra? Hoe moet ek ooit leef soos iemand wat deur God geroep is?