7 Junie 2026 - Preek Stephan Briel - Hantering van bekommernisse en vrees.

Lees: 1 Pet 5:1-11. Fokus: 1 Pet 5:7. Hantering van bekommernisse en vrees. · Gebed is die eerste stap. · Die tweede stap is om alle persoonlike of geestelike konflikte wat jy mag hê, op te los. · Die derde stap is om die probleem spesifiek te verklaar. · In die vierde stap moet jy onderskei tussen werklikheid en aannames. · In die vyfde stap moet jy bepaal waaroor jy die reg of vermoë het om beheer uit te oefen. · Die sesde stap is om ‘n lys te maak van alles waarvoor jy verantwoordelik is en wat verband hou met die situasie. · Die sewende stap is om die res aan God oor te laat. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Volg die sewe stappe om jou bekommernisse op God te werp.