IS DAAR VOORDELE VIR ‘N GEESTELIKE FOKUS? - 19 JANUARIE 2025
DATUM: 19 JANUARIE 2025 (OGGEND) PREDIKER: ANDRIES ENSLIN TEMA: IS DAAR VOORDELE VIR ‘N GEESTELIKE FOKUS? REEKS: FISIESE VOORDELE - NOU VIR ‘N GEESTELIKE FOKUS SKRIF: 1 TIMOTEUS 4:7-10 (NLV) JESUS WORD VLEES SODAT EK EN JY GEES KAN WORD Hebreërs 2:14-15 (AFR20) Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het ook Hy net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die Duiwel, kragteloos kon maak, en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry. IS DAAR VOORDELE OM MET ‘N GEESTELIKE FOKUS TE LEWE? 1 Timoteus 4:7-10 (NLV) Moenie tyd verkwis met redenasies oor goddelose idees en ouvroustories nie. Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid. Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende. Dit is ’n betroubare boodskap, een wat verdien om ten volle aanvaar te word. Hiervoor swoeg en veg ons, want ons hoop is op die lewende God wat die Verlosser is van alle mense, en veral van dié wat glo. KYK NA PAULUS SE “BELOFTE VAN BELONING” • Ware Wysheid • Ware Krag • Ware Liefde • Ware Lewe Handelinge 27:9-12 (NLV) Ons het taamlik baie tyd verloor, en dit het al gevaarlik vir skeepvaart geword, want die winter het begin aanbreek. Paulus waarsku hulle toe: “Manne, ek sien dat ons vaart gevaarlik gaan wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook aan ons lewens.” Die Romeinse offisier het egter meer waarde geheg aan die opinie van die skeepskaptein en die skeepseienaar as aan Paulus se woorde. Die hawe was nie gerieflik om daar te oorwinter nie, en die meeste van die bemanning wou liewer daarvandaan wegvaar en Feniks probeer bereik om dáár te oorwinter. Feniks was ’n veilige hawe van Kreta omdat dit net na die suidwes- en noordweskant na die see toe oop was. Handelinge 6:10 (NLV) Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid en die Gees waarmee hy gepraat het nie. Waarskuwings: Hand. 11:27 Hand. 21:17 JESUS MAAK JOU GEESTELIK WAKKER OM MET JOU TE GESELS Romeine 8:14 (NLV) Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.

BID DIE REGTE EENLYNERS - 31 MEI 2026

DIE VOORDELE VAN ‘N GEESTELIKE FOKUS - 26 JANUARIE 2025

31 Mei 2026 - Heinrich Titus - Twee in Een

JESUS GOOI ONS TOE ONDER GOD SE GENADE - 20 JULIE 2025

RAAK NOU KALM - VLUG NA GOD TOE - 12 JANUARIE 2025

Die Salwing Breek Die Juk | Pastoor Jacques Pienaar

Goodness Of God 🙏Experience the BEST Hillsong Worship Music of 2026 ! #77

GEE HOM AL TWAALF MAANDE - Andries Enslin, 20 Januarie 2019

‘N DROOMLEWE - 8 JUNIE 2025

'N BELOFTE IS DIE SLEUTEL TOT ‘N NUWE DROOM - Andries Enslin, 28 April 2019

KAN DIT WEES? - 23 FEBRUARIE 2025

Hoekom Nie? Andries Enslin, 3 Junie 2018

LEEF DIE GEESTELIKE LEWE IN DIE PRAKTYK - 9 MAART 2025

KSM Erediens | 19 Jan. | In die hande van die Pottebakker (Colin Smith)

KSM Erediens I 20 Nov. I God wat die onmoontlike doen

DIE LAASTE DAE IS HIER: DIE GEES IS HIER IN OORVLOED - 19 MEI 2024

WAAG DIT OM GOD TE TOETS - 22 FEBRUARIE 2026

Hillsong Worship Playlist 2026 🙏 I Speak Jesus , Goodness Of God - Best Hillsong Music Collection

Byt Vas - Andries Enslin, 12 Augustus 2018

