Leef jy net, of wandel jy met God? - Genesis 5 - Ds Gerhard Beukes

Leef jy net, Of wandel jy met God? Gen 5 NÚMERI 23:19 [19] God is geen man dat Hy sou lieg nie; of 'n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? EFÉSIËRS 2:1 [1] EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes HEBREËRS 9:27 [27] En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, T.V.O = Gen 5:24 GÉNESIS 5:24 [24] En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. Job 19:25-27 Genesis 5: [23] Enoch lived 365 years, [24] walking in close fellowship with God. Then one day he disappeared, because God took him. Wandel beteken 'n voortdurende proses. Heb 11:5-6 1) Waar begin ' n wandel met God? Amos 3:3 Het jy al God se roepstem gehoor deur Sy Woord? Vandag is 'n roepstem van God. Het jy al geantwoord daarop? EFÉSIËRS 2: [1] EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes [2] waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, [3] onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. [4] Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, [5] ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — Kol 2:13-15. 2) Wat beteken dit om te wandel met God? KOLOSSENSE 2:6-7 [6] Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, [7] gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging. Ek wandel nou in 'n nuwe verhouding. Rom 6:1-4 Ek wandel deur die Gees. Rom 8:4 Gal 5:16 Ek wandel welvoeglik. Rom 13:13 Ek wandel deur die geloof. 2 Kor 5:7 Ek wandel in goeie werke. Efe 2:10 Ek wandel in liefde. Efe 5:1-2 Ek wandel in wysheid. Kol 4:5 Ek wandel in waarheid. 2 Joh 1:4 Ek wandel volgens die Woord. 2 Joh 1:6 Joh 14:15,21 3) Wat is die uiteinde vir 'n persoon wat met God wandel? JOHANNES 14: [1] LAAT julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. [2] In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. [3] En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Soos die rower aan die Kruis " Vandag sal jy saam met my in die paradys wees." II KORINTHIËRS 5: [1] WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. [2] Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, 1 Joh 3:1-2 "...... maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is." Wat is u antwoord vanoggend?