Genesis 1 - Fundamentele waarhede - Ds Gerhard Beukes
Fundamentele waarhede. Genesis 1:1 God se Woord is getrou en onuitputlik. Weet dat God se Woord die waarheid is. Dis keer op keer bewys. Dis 'n betroubare versameling van historiese dokumente. Geskryf deur 40 verskillende skrywers. In drie verskillende tale, met geen weersprekings nie, waar baie van die skrywers mekaar nooit gesien is nie. Die Woord is geondersoek en deur die vuurproef van ondersoeke gegaan en het nog altyd soos goud te voorskyn gekom. Waarom deur die Boek Genesis werk en studeer? Waarom is daar net 66 Boeke in die Bybel. Wat beteken die Bybel vir my vir vandag. Waarom moet ek die O.T lees, selfs in die kerk. Die Bybel is vir die kind van God kosbaar en belangrik om sy lewe in te rig volgens Sy wil. Bybel het 66 boeke. O.T = 38 N.T = 27 Testament is 'n verbond of ooreenkoms of verdrag wat gesluit word. Dit kan wees tussen mens en mens, maar in die Woord hoofsaaklik God se verbond met die mens. Die O.T is God se verbond met Sy volk Die N.T is gegrond op die genade op grind van die soenverdienste van Jesus aan die Kruis. Joh 1:16 = Genade op genade ontvang. Baie mense dink die O.T is uitgedateer. Dis die enigste Bybel wat hul gehad het tot met Jesus se kruisiging. Luk 20:24 - Verklaar Jesus die waarheid oor Hom aan die Emmaus gangers uit die O.T. 1)Die O.T lê vir ons die fondasie vir ons geloof. 2)Die O.T berei die weg voor vir Jesus se koms. Lukas 24:27 3)Die O.T bied vir ons baie maal illustrasies, tipes of simbole 4)Die O.T dien as 'n voorbeeld of waarskuwing. 1 Kor 10:11 Die Boek Genesis beteken " Begin - Die begin" Ons vind die eerste huwelik in die Boek Genesis. Ons sien die begin van sonde. Hy is een van die Boeke van die Pentateug. ( die eerste 5 boeke in die Bybel) Dit was nie versinsels nie JOHANNES 5: [45] Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — Moses op wie julle gehoop het. [46] Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. [47] En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo? Die Heilige Gees het Moses geïnspireer. II PETRUS 1: [19] En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; [20] terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; [21] want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. Genesis het 50 Hoofstukke. Heel eerste kry ons die aankondiging: In die Begin het God...... Gen 1:1a Hy was nog van altyd af gewees. Al kan ons dit nie verstaan nie Weet en glo ons Hy is. God IS die begin van àlles. ROMEINE 11:36 AFR53 [36] Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. JESAJA 57: [15] Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. God het ewigheid in ons siele geplaas. Ons sal nooit weer ophou bestaan nie. My siel sal altyd leef. Of in God se Hemel of die Bel. PREDIKER 12: [7] en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het. JOB 22:21 [21] SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

Genesis 1 - Fundamentele waarhede (Deel 2) - Ds Gerhard Beukes

Abraham is dood maar sy getuienis leef voort

Why Purpose Is The Only Path To Fulfillment

Here’s the secret to how King David praised the Lord

Evangelies-Gereformeerde Kerk, Ds Wimpie Raath, Die Evangelie +?

Die koms en werking van die Heilige Gees - Ds G Beukes

The Dead Sea Scrolls Just Got DNA Tested — And the Results Are Shocking

These animals are released into the wild for the first time

"The Book of Revelation" // John Lennox // CCUK Pastors & Leaders Conference 2026

Man wees volgens 1 Pet 3:7 - Ds G Beukes

WHAT ARE THE GIFTS OF THE HOLY SPIRIT? HOW TO FLOW IN THE GIFTS GOD GAVE YOU!

11 UK YOGURT Brands You MUST AVOID

🔴 LIVE Barred Owl Nest Cam 🦉 | Post-Fledge Updates & Owl Activity

LIVE PRAYER & BIBLE MEDITATION

THIS is why you need to CHUCK The Passion Translation

Die impak van ongeveinsde geloof

THE PRESENCE OF THE HOLY SPIRIT IS HERE | HOW TO SEEK GOD

Bid of vergaan - Quentin Labuschagne

Noah's Ark – optimally constructed? – Werner Gitt

