Afrikaans Rock - Sliek Musiek - Skadu In My Gees

Die kamer is koud waar jou foto was Ek praat met spoke en hulle word n las Die reën tik stadig jou naam teen die reit Elke druppel sê vir my dit was nie ons tyd Die son kom op om die donker uit te wis Dit brand stadig die pyn wat in my is Die stilte skree wat ek nie verstaan En alles in my word jou bestaan Ek wil hardloop maar my hart bly hier Jou gesig brand in my oë soos vuur Die waarheid kom soos n golf so swaar Jy’s weg uit my arms, en wie weet waar Jys net n skadu oor in my gees n refleksie van wat ons kon wees Ek gryp na die lug so ver en blou Wens jy was langs my hier en nou Ek loop deur plekke waar ons was Nou trek herinneringe my terug in jou vas Vreemdes dra jou glimlag soms op straat Ek keer myself voor ek begin praat Jys net n skadu oor in my gees n refleksie van wat ons kon wees Ek gryp na die lug so ver en blou Wens jy was langs my hier en nou Hulle sê ek moet aangaan, moet probeer Maar hulle voel nie my hart se seer Elke stap vorentoe breek my gemoed die gevoelens spoel oor my soos n vloed Jys net n skadu oor in my gees n refleksie van wat ons kon wees Ek gryp na die lug so ver en blou Wens jy was langs my hier en nou As ek jou eggo kon stil maak nou Of elke herinnering breek van jou Sou ek dit brand tot niks meer bly Maar selfs in die as hoor ek jou roep na my Jys net n skadu oor in my gees n refleksie van wat ons kon wees Ek gryp na die lug so ver en blou Wens jy was langs my hier en nou Jy’s net jou skadu in my pyn Wat seker nooit sal verdwyn Nooit sal verdwyn...