Afrikaans Ballade - Sliek Musiek - Toe Ek Jy Was

Jou wêreld stort inmekaar, Met net n paar woorde van haar en alles word wit en swart, en jy sit met ’n gebreekte hart. Jou dae is rof, en die nagte is te erg, en die eensaamheid in jou bed voel so swaar soos ’n berg. My hart was ook gebreek, toe ek nog jy was, soos gebreekte glas. Een ding wat ek kan belowe, is dat jy deur sal druk, al voel dit nou asof jou siel verstik. My hart was ook gebreek, toe ek nog jy was, soos gebreekte glas. Jou brein is deurmekaar, en jy wonder waarheen; al skyn die son ook hoe, al wat jy voel is reën. Maar dit gaan tyd vat—hoe lank kan ek nie sê; al wat ek weet, is dat jy jou kleure terug sal hê. My hart was ook gebreek, toe ek nog jy was, soos gebreekte glas. Eendag sal jy ek wees, met die pyn in die verlede, met ’n hart vol liefde, rus en vrede. My hart was ook gebreek, toe ek nog jy was, soos gebreekte glas— toe ek jy was.