Ep 10 - Common Sense wat is dit?

Oor die jare is daar baie wonderlike lering gedeel oor hoe God ons deur Sy Woord en Gees lei, en ek is baie dankbaar daarvoor. In hierdie artikel wil ek nog ’n manier aanspreek waardeur ons in staat gestel word om besluite te neem en op te tree: gesonde verstand. Spreuke 2:7 sê: “Hy gee ’n skat van gesonde verstand aan die opregtes. Hy is ’n skild vir dié wat met integriteit wandel” (NLV).