"Dé, gaan vat vir julle.”

Vredendal, 26 April 2019 - Inwoners van Vredendal aan die Weskus wag nou al vyf jaar vir HOP-huise wat aan hulle toegeken is. Hulle sê die huise is ontwettig verkoop en uitgedeel toe die ANC nog aan bewind was in die Matzikama-munisipaliteit. Die DA het intussen beheer daarvan oorgeneem. Intussen vrees plaasbewoners in die gebied vir hulle veiligheid ná drie moorde.