LAMS-RUG / LAM SAALTJIE tot perfeksie GEBRAAI - Kosmeester Kortes (met aan-skerm instruksies)

Ek vier die laaste video vir 2021 met hierdie stukkie vleis wat ons noem: Die KONING van VLEIS-SNITTE. Vandag wys ek hoe 'n mens keer-op-keer hierdie aangename snit tot perfeksie en met reuse sukses braai. Heerlik in 'n Weber, Green Egg of selfs in die oond. Hierdie gereg word perfek afgerond met 'n Bordeaux tipe rooiwyn versnit soos die SPIER Creative Block 5, wat hierdie gereg tot nuwe hoogtes voer. Braai dit. Eet dit en GENIET dit. #kosmeesterkortes #lamsrug #braai