Toekomsberaad 2025: Die Plan
Die Krisisberaad is in 2024 gehou in reaksie op die ernstige uitdagings waarmee maatskaplike organisasies en werkers te kampe gehad het. Die maatskaplike krisis veroorsaak in ons land onder andere ‘n bestaanskrisis en ‘n toekomskrisis. Die doel was om die krisisse rakende wetgewing, befondsing, dienslewering en die maatskaplike professie te identifiseer, bespreek en oplossings daarvoor te vind. Die beraad het gefokus op probleemanalise en onmiddellike ingryping. Dit het maatskaplike organisasies gehelp om hul grootste struikelblokke te identifiseer en maniere te soek om in ‘n uitdagende omgewing te oorleef. Ten spyte van die stelsel se gebreke moet ons ons roeping omarm en oplossings vind. Daarom word die Toekomsberaad gehou. #Toekomsberaad2025 is ‘n strategiese en toekomsinisiatief wat bou op die insigte van die Krisisberaad. Waar die Krisisberaad ‘n reaksie op bestaande probleme was, is die Toekomsberaad daarop gemik om ‘n volhoubare en selfstandige toekoms vir maatskaplike werk te skep. Dit is ‘n platform waar ons nie net oplossings vir bestaande probleme soek nie, maar ook innoverende strategieë en modelle ontwikkel vir ‘n volhoubare toekoms. By woorde van dr. Dirk Hermann: “Self as dit kan, met die staat as dit moet.” Die vraag tydens die Toekomsberaad is duidelik: “Hoe gaan ons vryheid, veranderinge en verbetering in die maatskaplike omgewing te weeg bring?”. Die fokus verskuif van oorlewing na groei, samewerking en selfstandigheid. Maatskaplike organisasies wil nie net sit en wag dat die regering verandering bring nie – ons tree self op. Staatsafhanklikheid, befondsing en dienslewering mag nie ons roeping beperk nie. Ons kan ‘n selfstandige toekoms bou deur saam te dink, praat en werk. Die fokus van hierdie beraad is om met moed en durf sáám ‘n toekoms te bou. Ons wil nie net passiewe waarnemers van gebeure wees nie, maar aktiewe deelnemers wat bou aan ‘n beter toekoms vir ons land. Ons as maatskaplike organisasies moet nou ‘n verbonde maatskaplike gemeenskap vestig.

Solidariteit Helpende Hand Forum vir Persone met Gestremdhede: Demensie - Professor Rayne Stroebel

Verrykingsoggend 2025: Regte mense, Regte stories en jou Regte in die Werksplek.

GETUIENIS - Wonderwerk van Beskerming! (4) / Willie & Ina Viljoen / 17-08-2025 / NLGK

Eer aan God.

Klein Karoo Camino | Staptog vir die siel

20250406 Fred da Silva - My Getuienis

Abstract Black and White wave pattern| Height Map Footage| 3 hours Topographic 4k Background

The FULL VIDEO of Trump they didn’t want released

Unbelievable Smart Worker & Hilarious Fails | Construction Compilation #1 #adamrose #smartworkers

Boesemvriendinne 2025: Liefde en Hoop
![[Episode 1] 'n Begroting is die eerste stap na finansiële sukses](https://i.ytimg.com/vi/BughkbKSiqM/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwE9CNACELwBSFryq4qpAy8IARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAHwAQH4Af4JgALQBYoCDAgAEAEYQiBUKGUwDw==&rs=AOn4CLCoW79xRj8Ac4Lm0TKHdm2kL_Alvw)
[Episode 1] 'n Begroting is die eerste stap na finansiële sukses

Helpende Hand Studietrust koffieoggend: Insig, Kennis en Wysheid

Die Heilige Gees hou ons vas in ons swaarkry. 1 Petrus 4:12-19

Worst Plane Landing Fails Caught on Camera

Gemeenskapsontwikkelingsimposium: Welstand, Geborgenheid tydens die feesseisoen

Ter aarde bestelling Past Theuns

Rhodesia | Zimbabwe | Ian Smith | 1960s Africa | This Week | 1968

TV ART SLIDESHOW 24/7 | Vintage Floral Gallery 🌼4K Framed Art Screensaver for Living Room

Justice for Joshlin Marthinus: Family Speaks After 20-Year Sentence

