Wie is jy? Waarheen is jy op pad?

Johannes 15 vorm deel van Jesus se afskeidsgesprekke met sy dissippels. In Sy afskeidgesprekke praat Hy die heeltyd oor die lewe van die kerk, oor my en jou as Christen se elke dag lewe hier. En dit waaroor Jesus spesifiek praat is oor ons verhouding met die Here. En hier praat Hy veral oor ons identeiteit as Christen.