Trou is nie perdekoop nie Ep 20: DJ Reggie Philander oor flaters, geheime & die perfekte speellys

Met 25 jaar se radio-ervaring het die legendariese DJ Reggie Philander al álles by troues gesien! In hierdie episode deel hy intieme, skreeusnaakse én grillerige stories wat jou hare sal laat regop staan. Reggie verklap die geheime wetenskap van die perfekte troue-speellys, en watter liedjies gewaarborg is om enige dansvloer aan die brand te steek. Hy praat ook oor die emosionele impak van musiek, en hoe dit 'n troudag kan maak of breek. Hierdie opname is die eiendom van RSG en SABC Radio. Dit is slegs vir persoonlike gebruik en kan nie op enige ander platform uitgesaai of gedeel word, sonder die skriftelike toestemming van die SABC nie. Die onregmatige gebruik, verspreiding en/of uitsending van hierdie opname, sal tot regstappe en vervolging lei.