Stap die vinnige pad saam met Jesus - Stephan Joubert, 26 November 2017 VM
TEMA: Vat die vinnige pad saam met Jesus TEKSTE: Gedeeltes uit Markus 1. KEN DIE VERSKIL TUSSEN DRINGENDHEID EN GEJAAGDHEID - SOOS JESUS. • Gejaagde mense rus nadat hulle vir die Here gewerk het, maar dringende mense dien Hom en ander vanuit hulle rus. • Gejaagde mense werk vir die Here, maar dringende mense leef vir die Here. • Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van take wat vir die Here afgehandel moet word. Dringende mense word egter gemotiveer vanuit 'n diep innerlike oortuiging van hulle liefde vir die Here. Dankbaarheid teenoor Hom, nie plig nie, dryf hulle aan. • Gejaagde mense se werk is nooit klaar nie. Daar is altyd nog ‘n gebed, nog ‘n besoek, nog ‘n vergadering. Hierteenoor weet dringende mense hulle is in die Here se diens. Dienend en rustig wys hulle vir ander die beste plekke uit daar aan Jesus se voete. • Gejaagde mense sit opgeskeep met baie skuldgevoelens oor alles wat hulle nog moet doen. Dringende mense het groot vryheid in Christus. Hulle probeer nie alles vir almal wees nie. Dit maak vir hulle meer saak dat die Here met hulle tevrede is, as dat mense van hulle hou. • Gejaagde mense blink uit in beheer en kontrole om almal in die "boks" te hou en tot aksie aan te spoor. Hierteenoor is dringende mense verhouding-aangedrewe. 2. JESUS IS ALTYD DRINGEND AAN DIE BEWEEG - NA MENSE TOE OM HULLE TE RED EN NUUT TE MAAK Bose magte gee haastig pad as Jesus met dringendheid opdaag. Markus 1:21-28 (NAV) Onreinheid gee haastig pad wanneer Jesus se deernis Hom dring om in die melaatse se lewe in te stap en hom te reinig. Markus 1:40-45 (NAV) Sondaars word gered as Jesus in hulle spasie inbeweeg. Markus 2:13-17 (NAV) Bang dissipels se vrees verdwyn en verlore plekke word bereik as Jesus dringend na hulle loop. Markus 6:45-56 (NAV) 3. JESUS LOOP HOMSELF DOOD TEEN DIE KRUIS, MAAR … As Seun van die mens is Jesus dringend op pad na die kruis as ’n plek van lyding en dood. Hy verwag van sy volgelinge om hulle kruis op te neem en agterna te loop. Die Jesus-lewe is een van navolging. Dit vra dat ons al die pad op Jesus se roete bly, ook al gaan ons saam met Hom kruis toe. Markus 8:27-38 (NAV) 4. DIE JESUS-LOOP GAAN VOORT ANDERKANT DIE LEË GRAF Jesus se werk is nie klaar wanneer die kruis kaal en die graf leeg is nie… Die engel roep die dissipels op om in te val by Jesus. Hy is reeds ’n reis voor ons, omdat Hy die dood oorwin het, maar Hy is steeds op die pad na Galielea toe. Ons moet inval en Hom volg. Markus 16:1-9 (NAV)

GOD IS LOJAAL - Stephan Joubert, 10 Maart 2019

Satan Ontbloot - Deel 3 (www.kniel.co.za)

Best Christian Worship Songs 2026 ✝️ Nonstop Christian Praise & Worship Music | Feel God's Presence

DIE GEVAAR VAN NEGATIEWE DENKE IN JOU LEWE

GOD GEE AAN ONS GAWES - Andries Enslin, 28 Oktober 2018

BID DIE REGTE EENLYNERS - 31 MEI 2026

02 Skriflesing uit Romeine 8 en Preek tydens Oggenderediens PVR Gemeenskapskerk op 2014-07-20

RITME Digitaal | Vergifnis as jou storie en seer as salf

Sinnets fornyelse - Maria Lavelle

Wat is jou Israel?, Andries Enslin 12 Mei 2019

Koop Die Tyd Uit - Deel 2. (www.kniel.co.za)

2019: 'N JAAR VAN VREUGDE - Stephan Joubert, 13 Januarie 2019

2019 05 08 Stephan Joubert

JESUS SÊ: “BEKEER JOU” - Andries Enslin, 10 Februarie 2019
![God is genadig, ten spyte van... Stephan Joubert [30 Aug 2020]](https://i.ytimg.com/vi/0kA5aOvjRek/hqdefault.jpg?sqp=-oaymwEjCNACELwBSFryq4qpAxUIARUAAAAAGAElAADIQj0AgKJDeAE=&rs=AOn4CLAzUl41AE3AnJOKyDe4lEd_2lbmYA)
God is genadig, ten spyte van... Stephan Joubert [30 Aug 2020]

29 Mei 2016 Mosaïek Wat die liefde vra...spanning – Stephan Joubert

Satan Ontbloot - Deel 1 (www.kniel.co.za)

2022 05 24 So gebeur God se wil in my daaglikse lewe Deel 1

3 Maart 2019: Mosaïek AM / Stephan Joubert / Ek Wonder - Waar's my bure heen?

